7 S­pi­oen­kop

Weg! - - Reis N3-gids -

Die Slag van S­pi­oen­kop op 23 en 24 Ja­nu­a­rie 1900 word as een van die he­wig­ste ge­re­ken in die Twee­de Ang­lo-Boe­re­or­log. Ver­skeie mo­nu­men­te is op die ter­rein op­ge­rig, en groot in­lig­ting­spa­ne­le ver­tel die ver­haal van die ver­gis­sing en ver­war­ring in sleg­te weers­toe­stan­de wat uit­ein­de­lik ge­lei het tot die dood van hon­der­de sol­da­te, van wie ver­re­weg die mees­te B­rits was. Bron­ne ver­skil, maar so­wat 320 B­rit­te het ge­sneu­wel en meer as 500 is ge­wond, ter­wyl 58 Boe­re­sol­da­te dood is. Ma­hat­ma Gand­hi het in dié veld­slag ge­dien, in die In­die­se Am­bu­lans­korps wat die ge­sneu­wel­des en ge­won­des moes ver­voer.

’n Mens kan jou die tra­ge­die daar­van goed voor­stel ter­wyl jy oor die ter­rein s­tap.

Waar? Dis 50,7 km van Van Ree­nen af. Neem die Berg­vil­le-af­rit (nr. 230), draai regs op die R616, draai links ná 4 km en volg die grond­pad vir 9,3 km tot by die in­gang. Oop El­ke dag van 9 vm.-4 nm.

Kos­te R35 per vol­was­se­ne, R25 vir pen­si­oen­trek­kers en stu­den­te, R20 per kind jon­ger as 12.

033 394 6543; her­i­ta­gek­zn.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.