10 Blu­e­ber­ry Café

Weg! - - Reis N3-gids -

Daar is baie te sê van dié ge­sel­li­ge eet­plek, maar die tro­ne ( ja, die klein­hui­sies) vat be­slis die koek! Groot ven­sters bied ’n uit­sig tot doer oor die vlak­tes, maar moe­nie be­kom­merd wees nie, dis slegs die trop ngu­ni­bees­te wat jou kan sien.

Die at­mos­feer in die res van die re­stau­rant en tee­tuin is e­wen­eens rus­tig dank­sy die hoë pla­fon­ne, ho­pe na­tuur­li­ke lig en tal­le bin­nens­hui­se plan­te.

Klaar­blyk­lik het die re­sep vir die groot guns­te­ling op die spys­kaart – die blou­bes­sie­kaas­koek – on­langs ver­an­der, want dié keer was dit nie ge­bak nie – ho­pe­lik word dit reg­ge­stel! Ge­luk­kig is die kof­fie tops, en die res van die spy­kaart be­lo­wend... wens daar was meer tyd.

Waar? Dis op die Net­her­wood Farm, 8 km van die N3 af op pad na Not­ting­ham Ro­ad. Neem die Not­ting­ham Ro­ad-af­rit (nr. 132).

Oop El­ke dag van 8 vm. -4 nm. 033 266 7132; Fa­ce­book Blu­e­ber­ry Café

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.