Dis my eer­ste keer

Weg! - - Tafelberg Kaap Die Goeie Hoop -

Kaappunt lê in die Kaap die Goeie Hoop-deel van die Ta­fel­berg- na­si­o­na­le park so­wat 60 km suid­wes van Kaap­stad. Die mo­tors en toer­bus­se vol Duit­sers, B­rit­te en C­hi­ne­se staan al vroeg tou (die hek maak oop as die son op­kom) om ’n fo­to te neem by een van die wê­reld se na­tuur­won­ders.

Dis o­kei om ’n bie­tjie la­ter te kom. Drink eers ’n kop­pie kof­fie by die O­lym­pia-bak­ke­ry in Kalk­baai of eet Fran­se roos­ter­brood by die Sa­veur-re­stau­rant in Si­mon­stad voor­dat jy die laas­te stuk van die M4 kus­langs ry.

Jy kan bin­ne min­der as ’n half­uur die 13,5 km van die in­gangs­hek tot by die par­keer­ter­rein aan die voet van die ou vuur­to­ring ry, maar los die on­be­taam­li­ke haas vir die toe­ris­te. Be­taal die be­wa­rings­ta­rief en sui­ker aan, wees op die uit­kyk vir die rooi­pens­skil­paaie wat tyd­saam die teer­pad oor­steek. Draai ná 7 km in by die Buf­fels­fon­tein-be­soe­ker­sen­trum. Dalk kreun jy saam met die kin­ders “net nie nog ’n be­soe­ker­sen­trum nie!”. Maar byt vas; dis ’n goeie een en help jou om sin te maak van die be­son­der­se land­skap. Jy leer van die streek se eer­ste in­wo­ners ( jy kan van­dag nog die K­hoi­san se vis­vy­wers na­by die Buf­fels­baai­ge­typoel sien), meer as 250 vo­ël­spe­sies (al­les van Kaap­se sui­ker­vo­ëls tot wit­kruis­a­ren­de en al­ba­tros­se!) hou hier, en jy be­sef jy is in die troon­ka­mer van die fyn­bos­ko­nink­ryk. Meer as 40 van die so­wat 1 000 fyn­bos­spe­sies wat jou om­ring, kom nét hier voor.

Nou­dat jy ag­ter­grond het, is dit tyd om daai sel­f­ie te gaan neem. Volg die aan­wy­sings­bor­de na Kaappunt. Sluit jou mo­tor in die par­keer­ter­rein. Die plaas­li­ke bob­be­ja­ne moet nog net leer be­stuur om ’n Hil­l­brow­se mo­tor­ka­per soos ’n eer­ste oor­tre­der te laat lyk.

Jy’t nou ’n keu­se of drie om te maak, af­han­gen­de van jou tyd, fiks­heid en hoe erg die hon­ger­py­ne knaag. Jou eer­ste mik­punt is die ou vuur­to­ring wat hoog bo jou uit­troon. Jy kan die steil heu­wel uit­stap of die F­lying Dut­ch­man-ka­bel­kar­re­tjie (R70 vir ’n re­toer­kaart­jie) neem wat jou bin­ne vyf mi­nu­te bo sal hê.

Van bo af voel dit as­of die wê­reld se o­se­a­ne aan

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.