Hier’s ek weer... en weer!

Weg! - - Tafelberg Kaap Die Goeie Hoop -

Din­ge raak nou eers lek­ker wan­neer jy met ’n vol­gen­de be­soek die paad­jies ry waar toer­bus­se nie toe­ge­laat word nie – groot toer­bus­se mag slegs op Kaap­punt­weg ry. Hier is veel­dag­stap­pe, dag­stap­pe, berg­fiets­roe­tes, uit­kyk­pun­te, piek­niek­plek­ke, stran­de vir lees en sand­kas­te­le bou, swem­plek­ke, duik­ga­te, bran­der­ry­plek­ke, vis­vang­kol­le en slaap­plek in die park.

1 S­wem, braai, hen­gel en wees vro­lik

As jy lus het vir ’n ge­sel­li­ge dag saam met jou men­se, ry Vals­baai se kant toe waar die wa­ter kal­mer en daar ook meer ge­rie­we en uit­span­plek is. Jy kan by Bord­jies­rif of ’n ent­jie ver­der suid by Buf­fels­baai in ge­typoe­le s­wem, op ’n gras­perk jou strand­hand­doek oop­gooi en ’n vuur­tjie aan­steek. Ry 6,8 km van die in­gangs­hek af met Kaap­punt­weg langs en draai links net voor die Buf­fels­fon­tein-be­soe­ker­sen­trum om by Bord­jies­rif uit te kom. Die Da Ga­ma-mo­nu­ment is ook hier, en is saam met die Di­as-mo­nu­ment ’n ent­jie suid­wes ’n na­vi­ga­sie­ba­ken wat ske­pe help om die be­rug­te W­hitt­le-rots in Vals­baai te ver­my. Jy kan van hier af noord­waarts s­tap (of ry) na Booi se S­kerm wat ’n ge­wil­de plek vir bran­der­plank­ry­ers is.

Buf­fels­baai is die groot­ste ont­span­ningskol by Kaappunt en dit kan be­dry­wig raak in die so­mer­maan­de. Ge­luk­kig is hier hon­der­de piek­niek­plek­ke en dis nie moei­lik om ’n plek­kie vir jou­self los te skrop nie. Jy kan lyn nat­maak, maar as jy werk­lik wil vis vang, mik Rooi­krans toe (sien no. 6).

2 O­li­fants­bos

Draai so­wat 2 km van die in­gang af regs in Link­weg. Dié pad neem jou oor die ver­la­te S­mits­win­kel­vlak­te tot by O­li­fants­bos op die wes­te­li­ke “Wil­de­kus”. So­wat 2,7 km na­dat jy op Link­weg af­ge­draai het, is ’n par­keer­ter­rein waar berg­fiets­ry­ers graag hul­le mo­tors los. Hier is ’n 5 km lan­ge twee­spoor­pad wat reg­uit suid loop, deur res­ti­o­vel­de, ver­by rots­for­ma­sies en trop­pe se­bras tot­dat dit weer by die teer­pad aan­sluit.

Hou jy eg­ter aan met Link­weg, kom jy by ’n T-aan­slui­ting. Draai links en ry tot by die piek­niek­ter­rein by O­li­fants­bos. Die piek­niek­ter­rein is ook die be­gin­punt vir die ge­wil­de S­keeps­wra­k­roe­te (5,6 km heen en weer). Die kus­lyn is be­saai met die wrak­stuk­ke van ske­pe wat deur die eeue op die rot­se en riw­we ge­loop het, meest­al weens die die be­rug­te Al­ba­tross­rots. Dis ge­noem na die Al­ba­tross wat in 1863 hier ge­sink het en 1 km see-in van O­li­fants­bos­strand af lê.

Dis so­wat 2,8 km se s­tap suid op die strand tot by die wrak van die vrag­skip Nol­loth wat in 1965 ge­sink het. Op pad s­tap jy ver­by die mees pro­mi­nen­te wrak langs die stuk kus­lyn, die T­ho­mas T. Tuc­ker (1942). Van­dag is dit die tuis­te van dui­kers en see­meeue.

Van die Nol­loth af kan jy strand­langs te­rug­stap of bin­ne­land toe sny op ’n 7,5 km lan­ge roe­te ver­by Sir­kels­vlei tot by O­li­fants­bos. Dis die groot­ste vars­wa­ter­bron in dié deel van die park en dit word deur ’n on­der­grond­se fon­tein ge­voed. Vo­ël­ky­kers is ver­al lief vir die Sir­kels­vlei waar gras­vo­ëls, o­ran­je­bors­sui­ker­bek­kies en grys­rug­tink­tin­kies vol­op is. As jy ge­luk­kig is, sien jy die skug­ter Kaap­se kwar­tel­tjie in die bos­sies net suid van Sir­kels­vlei.

3 Ry en s­tap ’n sir­kel­roe­te

Draai regs van Kaap­punt­weg af op Ci­r­cu­lar­ry­laan, ’n 7 km lan­ge sir­kel­pad deur riet­veld. Maar jy wil mik na die uit­kyk­punt op sy mees suid­wes­te­li­ke hoek. Wees op die uit­kyk vir die naam­bor­de wat sê Gif­kom­me­tjie en Hoek van Bob­be­jaan. Hier is nie net mooi uit­sig­te na die noor­de oor Kom­me­tjies­berg in die rig­ting van Hoek van Bob­be­jaan nie, maar dis ook die be­gin­punt van die Gif­kom­me­tjie­sir­kel­roe­te (5 km).

Dis ’n mooi deel van die park waar min men­se kom. Jy s­tap al met die kus langs, met die wil­de blou wa­ter van die At­lan­tie­se O­se­aan aan jou een kant en groen dui­ne­veld aan die an­der. Die kan­se is goed jy sien heel­dag nie­mand an­ders nie. Be­hal­we dalk ’n vol­struis of drie.

4 Stil­te ge­waar­borg

As jy reg­tig nie ge­sel­skap soek nie, ry met Kaap­punt­weg tot by die Plat­boom-af­draai (so­wat 8 km van die in­gangs­hek af ). Ter­wyl jy teen die heu­wel af ry, sien jy die Kaap die Goeie Hoop-punt in die ver­te.

Dis waar­skyn­lik die wild­ste, on­ge­rep­ste en be­slis stil­ste strand in die skier­ei­land. Hier is die mees­te van die tyd vol­strui­se, hans bob­be­ja­ne en ’n trop e­lan­de, maar am­per nooit men­se nie. Jy kan in e­ni­ge rig­ting ki­lo­me­ters strand­langs s­tap. Mik suid en ná ’n half­uur gaan jy by ’n ru­ï­ne uit­kom. Dit was eens ’n huisie waar die be­faam­de fyn­bos­ken­ner Hugh Tay­lor as kind sy va­kan­sies deur­ge­bring het en sy lief­de vir die veld ge­stal­te ge­kry het. >

5 Kaap die Goeie Hoop­dag­stap

Skaars 900 m ná die in­gang sien jy ’n par­keer­ter­rein op jou lin­ker­kant. Dis die S­mits­win­kel-uit­kyk­punt, en die be­gin­punt van die twee dae lan­ge Kaap die Goeie Hoop­stap­roe­te (as jy hom kloks­ge­wys wil doen – sien bl. 57).

S­tap die eer­ste deel van die roe­te al met die kus­kran­se langs, om Pauls­berg (op 368 m die hoog­ste berg hier rond) tot by Ka­non­kop. Jy kyk heel­pad uit oor Vals­baai tot by Hang­klip doer in die ver­te. Dis so­wat 11 km tot by die ou ka­non en te­rug, en be­hoort so­wat ses uur te neem.

6 Vang diep­see­vis van land af

Ry met Kaap­punt­weg in die rig­ting van Kaappunt. Volg by die ver­keer­sir­kel (dis om­trent 11 km van die in­gang af ) die bord­jies links na Rooi­krans. Par­keer en s­tap die smal voet­paad­jie deur die fyn­bos, al met die krans langs. Wees op die uit­kyk vir wal­vis­se wat doer on­der blaas.

Jy is nou op hei­li­ge grond vir hen­ge­laars! Die kran­se is een van die min plek­ke ter wê­reld waar jy diep­see­vis soos geel­stert en gal­joen van die land af kan vang (of ’n krans in dié ge­val). Maak net se­ker jy’t die reg­te hen­gel­per­mit voor jy hier kom lyn gooi. Kyk by daff.gov. za of kon­tak die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­ry by 086 000 3474 oor wat­ter een jy gaan no­dig hê en skaf dit aan by jou naas­te pos­kan­toor.

Jy hoef na­tuur­lik nie ’n hen­ge­laar te wees om op Rooi­krans te kom staan nie. Die uit­sig noord, te­rug oor Buf­fels­baai na Pauls­berg se kant toe met die Swart­kop­berg in die ver­te, sorg vir nóg prag­ti­ge fo­to’s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.