SUID-A­FRI­KA­NERS EER­STE OP PIEK

Weg! - - Leser Vertel Suid-amerika -

’n Groep Suid-A­fri­kaan­se klim­mers, on­der lei­ding van Paul Fat­ti, het in Ja­nu­a­rie 1974 die eer­ste keer teen die 1 300 m hoë oos­te­li­ke rots­wand (East Fa­ce) van die mid­del­ste to­ring van Tor­res del Pai­ne uit­ge­klim. Dit was in daai sta­di­um die hoog­ste ver­ti­ka­le rots­wand ter wê­reld waar­teen men­se tot bo ge­klim het.

Die span het in aak­li­ge weers­toe­stan­de ge­klim. Hul­le het ’n maand ge­vat om tot op ’n plek na aan die bo­punt te kom, net om deur ’n storm af­ge­jaag te word. Hul­le het ’n sneeu­grot ge­gra­we en agt dae lank bin­ne-in ge­skuil. Toe die weer op­klaar, het Mi­ke S­cott en Ri­chard S­mit­hers weer met hul­le (nou be­vro­re) toue op­ge­klim en uit­ein­de­lik die piek ge­haal.

Dit het 30 jaar ge­vat voor­dat ie­mand weer die roe­te aan­durf – weer ’n Suid-A­fri­kaan­se span, dié keer on­der lei­ding van Alard Huf­ner. Dit staan steeds be­kend as die SuidA­fri­kaan­se roe­te. Om hier­die piek te aan­skou het my trots ge­maak om ’n Suid-A­fri­ka­ner te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.