COURTNEY WATSON

Weg! - - Mense Se Lense -

Ca­non 500D Ca­non 250 mm-lens

COURTNEY VER­TEL: Die Tu­li­blok is een van my guns­te­ling­plek­ke in Botswa­na. Daar is ’n rots­kop­pie wat oor die Mot­lou­t­se­ri­vier uit­kyk en dis hier waar ek dié o­li­fant­bul af­ge­neem het.

Ek het ge­hou van die kon­tras­te­ren­de teks­tu­re: Die kreu­kel­vel ge­baai in son­lig en die vo­ël­tjies wat on­ver­wags voor hom ver­by vlieg. Dit wys jou hoe vol le­we een se­kon­de in die wil­der­nis kan wees.

TOAST SÊ: Dis soos Courtney hier skryf. Die na­tuur slaap nie. El­ke oom­blik is iets aan die ge­beur. Soms is dit iets groots soos ’n o­li­fant wat kom drink, soms is dit die ge­woer van kwe­le­a­vler­kies wat ver­by snel. En dan is daar nog die goed­jies wat ons nie eens op hier­die fo­to kan sien nie: wa­ter­gog­gas, dalk ’n mis­krui­er, ’n pad­da of drie.

Die Tu­li­blok is ’n puik lang- na­week­be­stem­ming vir Gau­ten­gers om­dat dit lek­ker na­by is. Boon­op bied dit iets an­ders as die an­der groot wil­der­nis­ge­bie­de in die noor­de van Suid-A­fri­ka soos die Kru­ger en Pi­la­nes­berg. Die Tu­li het sy eie at­mos­feer en eie ka­rak­ter – en Courtney se fo­to wys jou ’n deel­tjie hier­van.

Ek hou ook baie van die weer­kaat­sing van die o­li­fant, en die teks­tu­re op die wa­ter, as­ook die ly­ne wat die wa­ter­stroom vorm.

Als goed, als Tu­li.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.