PE­TER DAVIES

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

So­ny Cy­berS­hot DSC-HK100V

PE­TER VER­TEL: Ek het hier­die fo­to in die E­tosha- na­si­o­na­le park by die O­zon­juit­jie M’Ba­ri-wa­ter­gat tus­sen die O­li­fants­rus- en O­kau­ku­e­jo­kamp ge­neem. Die pad was sleg en my Su­zu­ki is ver­niel, maar toe kom ons skie­lik op hier­die to­neel af.

Dit was Sep­tem­ber en droog. Die leeus het die wa­ter­gat vir hul­le­self ge­hou ter­wyl E­tosha se an­der die­re die ri­si­ko moes loop deur na­der te sluip vir ’n vin­ni­ge sluk.

Die to­neel het my a­sem weg­ge­slaan. Die vrot pad was ver­ge­te en ek het net my ka­me­ra ge­lig en be­gin fo­to’s neem!

TOAST SÊ: Ses die­re­spe­sies (en ’n vo­ël­tjie) op één fo­to is merk­waar­dig. E­tosha op sy droog­ste kan ook E­tosha op sy mooi­ste wees, want dis dan wan­neer jy die­re­sa­me­drom­mings soos dié by die wa­ter­ga­te te wag­te kan wees.

Dan is daar nog dra­ma ook. Hoe­wel die leeus nie nood­wen­dig hon­ger lyk nie, vat die an­der die­re nie kan­se nie. Kyk hoe kyk die een gems­bok vir die leeus – selfs die ka­meel­perd hou ’n o­gie, en jy kan vir se­ker weet dat al die an­der bok­ke ook die kat­te uit die hoe­kie van hul­le oog dop­hou.

Pe­ter het re­de­lik ver in­ge­zoem. Deur in te zoem kom­pak­teer jy die fo­to en laat dit lyk as­of dit wat op die voor- en ag­ter­grond is, na­der aan me­kaar is. Dit laat die mas­sa die­re nog meer in­druk­wek­kend lyk. Ek hou ver­al van die spring­bok­ke op die voor­grond wat – hoe­wel uit fo­kus – die raam van links na regs vol­maak.

’n Puik fo­to waar­op e­ni­ge E­tosha-aan­han­ger trots sal wees! >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.