HANSIE MYBURGH

Weg! - - Mense Se Lense Lesersfoto’s -

iP­ho­ne 6

HANSIE VER­TEL: Ek het groot­ge­word op­diep laas Slag­ters­fon­tein in die Laings­burg dis­trik in die Ka­roo. Dis nou 50 jaar la­ter, maar ek gaan steeds ge­reeld daar kamp saam met my vrou, en soms saam met van my kin­ders. Ons kamp met my Jur­gens X­plo­rer­woon­wa, som­mer in die veld by ’n wind­pomp.

Vroeg­og­gend word kof­fie ge­maak. Ek het dié fo­to ge­neem net toe die son op­kom en die wa­ter be­gin kook.

TOAST SÊ: ’n Goeie reis­fo­to laat jou iets vóél. Hansie se sel­foon­kie­kie slaag hier­die toets met vlie­ën­de vaan­dels. E­ni­ge Weg- le­ser wat lief is vir kamp (al­mal van jul­le, of hoe?), sal met heim­wee na hier­die fo­to kyk en te­rug­dink aan ’n vroeg­dag­kof­fie­ke­tel wat ie­wers in die veld op die ko­le be­gin fluit.

Jou slim­foon is jou bes­te vriend vir fo­to’s soos dié. Moe­nie tyd mors nie. Laat die foon se ou­to­ma­tie­se ver­stel­lings die werk doen. Hy gaan nie áls reg­kry nie: Die son is hier by­voor­beeld oor­be­lig, maar dis te ver­sta­ne.

Wat saak maak, is dat die ro­kie en die stoom dui­de­lik sig­baar is – dis om­dat die son die stoom én rook van ag­ter af be­lig. Dis wat ons kamp­sna­re laat roer – jy kan hier­die vuur­tjie om­trent rúik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.