DOEN DIÉ 7 DIN­GE

Weg! - - Dorp L’agulhas & Struisbaai -

1 Kyk wyd en syd

Vir ’n pa­no­ra­mie­se uit­sig kan jy die A­gul­has-vuur­to­ring uit­klim tot bo – dis die stéil 71 trap­pies se klim werd. Klou net vas aan al­les van don­ker­bril tot kuns­tan­de wan­neer die wind waai. Kyk in die mu­seum na fo­to’s van hoe die vuur­to­ring oor meer as 150 jaar ver­an­der het.

Hier­van­daan is dit ’n kort ent­jie se s­tap op ’n plan­kies­pad tot by die ge­denk­te­ken op die sui­de­lik­ste punt van A­fri­ka. Op pad soon­toe kry jy ook ’n ys­li­ke stuk land­skap­kuns, die A­fri­ka-i­koon (sien in­houds­blad), wat in 2017 on­der lei­ding van die land­skap­kuns­te­naar S­tri­j­dom van der Merwe op­ge­rig is. Groot staal­pla­te dui die vier kom­pas­rig­tings op ’n af­beel­ding van die vas­te­land aan, en sluit A­fri­ka-ba­kens soos Ki­li­man­dja­ro, die Dra­kens­berg en Ta­fel­berg in. Kos­te (vir die mu­seum en vuur­to­ring) R31,50 p.p. vir vol­was­se­nes en R15,50 p.p. vir kin­ders jon­ger as 12. Dis el­ke dag oop van 9 vm.-4.30 nm.

028 435 6078; san­parks.org

2 Ver­ken die A­gul­has­na­si­o­na­le park

Hier’s twee stap­roe­tes: Die Ras­per­punt-sir­kel­roe­te strek oor 5,5 km en be­gin by die Meis­ho Ma­ru-skeeps­wrak dus­kant die vuur­to­ring. Die Two O­ce­ans-roe­te be­staan uit drie sir­kel­roe­tes van 3 km, 4,5 km en 10,5 km en be­gin bin­ne die park se rus­kamp. Hier’s ook ’n ver­skei­den­heid bly­plek as jy in dié stuk uit­ge­strek­te on­ge­rept­heid wil oor­nag. Cha­lets kos va­n­af R1 231 p.n. vir twee men­se, R132 per ek­stra kind (slaap­plek vir 4). Kos­te Be­wa­rings­ta­rief van R43 p.p. vir vol­was­se­nes, R22 p.p. vir kin­ders.

028 435 6078; san­parks.org

3 Klink ’n gla­sie

By Wi­ne Bou­ti­que on The S­hip­wreck Co­ast in L’A­gul­has se hoof­straat is hier ’n keu­ri­ge ver­sa­me­ling van die bes­te wy­ne uit die om­ge­wing. Hier word ook el­ke maand­ein­de wyn­proeë deur ver­skeie kel­ders aan­ge­bied. Die diep­rooi mu­re en keu­ri­ge de­kor sorg vir ’n seld­sa­me at­mos­feer. Jy gaan be­slis uit voel in jou plak­kies en sa­rong. Oop Ok­to­ber tot A­pril: Maan­dag tot Vry­dag 8 vm.-7 nm.; en Mei tot Sep­tem­ber: Maan­dag tot Vry­dag 9 vm.-5 nm.; Sa­ter­dae 9 vm.-5 nm.; Son­dae 11 vm.-3 nm.

028 435 7932; wi­ne­bou­ti­que­a­gul­has.co.za

4 Kom op ga­lop

Op S­truis­baai se strand kan jy soos ’n waf­fer­se co­w­boy te perd die sons­on­der­gang bin­ne­ry.

Kos­te R500 p.p. vir 1½ uur se strandrit. 082 853 6732 >

4 Snuf­fel na har­te­lus

Suid­punt Pot­pour­ri in L’A­gul­has se hoof­straat is ’n bié­lie van ’n snuis­te­ry­win­kel. Hier kan mens ’n dag lank ver­dwaal tus­sen ’n mag­dom fraai­he­de: hout­pro­te­as, he­kel­werk, kra­le, e­mal­je­wa­re... Hier’s ook ’n ou­li­ke kof­fie­win­kel en re­stau­rant waar jy lek­ker­nye soos ge­vul­de pan­ne­koek, ge­rook­tesalm­slaai, tuis­ge­maak­te wilds­pas­tei en, na­tuur­lik, vis-en-tjips kan kry. Oop El­ke dag van 9 vm.-5 nm.

028 435 7378

6 Vet pret, my ou

By die S­truis­baai Fun Park in die hoof­straat kan kin­ders (en groot­men­se) dit ga­te uit ge­niet. Ak­ti­wi­tei­te sluit in ’n wa­ter­wurm, putt-putt-baan, ten pin bo­w­ling, ys­li­ke klim­ra­me, tram­po­liens en ’n verf­bal­skiet­baan. Hier’s ook braai- en piek­niek­plek­ke, en jy kan selfs piz­za be­stel.

Kos­te Die toe­gangs­ta­rief van R35 p.p. vir vol­was­se­nes en R25 p.p. vir kin­ders on­der ses jaar sluit ’n gra­tis rond­te putt-putt en toe­gang tot al­le speel­ge­bie­de in. Vir R140 p.p. kry jy ’n gra­tis rond­te putt-putt, ’n sak verf­bal­le en on­ein­di­ge rit­te op die wa­ter­wurm vir die dag.

Oop Maan­dae tot Sa­ter­dae: 9 vm.-7 nm.; Son­dae tot 4 nm.

072 200 5530; 076 935 5537

7 Durf die oop­see aan

Jy kan op ’n boot­rit van S­truis­baai se ha­we af uit­vaar om in die diep­see te gaan lyn nat­maak. Jou vangs is jou­ne vir die braai. As vis­vang nie jou ding is nie, sit te­rug en ge­niet ’n ple­sier­rit op die wa­ter teen son­on­der. Pro­beer so lank as moont­lik vooraf be­spreek, ver­al in va­kan­sie­tyd.

Kos­te P­le­sier­rit­te duur on­ge­veer ’n half­uur en kos R150 p.p. en R75 p.p. per kind. ’n Hen­ge­leks­pe­di­sie: va­n­af R950 p.p. en R500 p.p. per kind.

082 870 2783; a­we­so­me­fis­hing.co.za

BETTIE DE KLERK (links) Ei­e­naar, Wi­ne Bou­ti­que on the S­hip­wreck Co­ast, L’A­gul­has “Die na­tuur­skoon hier lê my na aan die hart. Ek wens net soms dat die toer­bus­se wat men­se na die vuur­to­ring en sui­de­lik­ste punt toe aan­ry, ’n slag op die dorp wil stop. Hier’s so­veel lek­ker plek­ke en men­se om te leer ken.”

STRUISBAAIHAWE

JAN OBERHOLSTER Ei­e­naar, Sea S­hack S­truis­baai

SUID­PUNT POT­POUR­RI

SEA S­HACK S­TRUIS­BAAI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.