EET HIER

Weg! - - Dorp L’agulhas & Struisbaai -

L’A­GUL­HAS

Zuidste Kaap Pub & Re­stau­rant

Dié ge­sel­li­ge re­stau­rant is deel van die Three O­ce­ans Pub, en be­hal­we vir see­kos kan jy ook bief­stuk, bur­gers en ’n paar ve­ge­ta­rie­se op­sies be­stel. Oop El­ke dag van 11 vm.-10 nm. (Ok­to­ber tot A­pril), en 12 nm.-10 nm. (Mei tot Sep­tem­ber). Va­kan­sie­tye 9 vm.10 nm. Waar? Hoof­straat 99

028 435 7838

Craf­ty Pig

Hier oor­heers die groot kroeg­bank die at­mos­feer en spa­sie, maar in die knap eet­ruim­te na ag­ter kan jy be­hoor­lik smul aan bur­gers, eis­bein, rib­be­tjies en piz­za. Ont­byt is ook be­skik­baar. Oop Maan­dae 4 nm.-10 nm.; Dins­dag tot Vry­dag 11 vm.-10 nm.; Sa­ter­dae 10 vm.-10 nm.; Son­dae ge­sluit. Va­kan­sie­tye el­ke dag van 10 vm. tot laat. Waar? Hoof­straat 184

076 763 7956

L’A­gul­has Se­a­foods

Lê weg aan heer­li­ke see­kos en sus­hi (aan­sit of weg­neem). Hier’s ook ’n kroe­gie (met cock­tail- op­sies) en ruim sit­plek op die boon­ste en on­der­ste bui­te­stoep. Jy het ook ’n mooi uit­sig van die vuur­to­ring van die boon­ste vlak af. Oop El­ke dag van 9 vm.-7 nm.

Waar? Hoof­straat 118 028 435 7207

S­TRUIS­BAAI

The Mi­cha­el Col­lins

Hier­die ti­pie­se Ier­se pub het ’n lang kroeg­toon­bank en ruim eet­ge­bie­de – dis ’n guns­te­ling on­der die plaas­li­ke vis­ser­man­ne. Die spys­kaart sluit in ’n heel­dag-ont­byt, ta­pas, bur­gers, see­kos en bief­stuk. Oop Maan­dae 4 nm.-10 nm.; Dins­dag tot Vry­dae 11 vm.-10 nm.; Sa­ter­dae 10 vm.-10 nm.; Son­dae ge­sluit. Va­kan­sie­tye el­ke dag van 10 vm. tot laat. Waar? Mal­vern­ry­laan 21

028 435 7979

Pe­li­can’s Har­bour Ca­fe

Vis­plak­kies en swem­broe­ke is wel­kom by dié in­for­me­le see­kos­re­stau­rant by die Struisbaaihawe, maar moe­nie kom as jy haas­tig is nie – die diens kan sloer. Be­stel ’n plaas­li­ke Fra­sers Fol­ly-tap­bier (R45) van die na­by­ge­leë Black Oys­ter­ca­t­cher-wynplaas. En kyk hoe die kleur­ry­ke vis­serskui­te in die baai dob­ber ter­wyl jy weg­lê aan ca­la­ma­ri in al­ler­lei vorms: re­pe, rin­ge of ste­aks. Hier’s ook ge­woon­lik twee room­ys­stal­le­tjies ag­ter die re­stau­rant – een met draai­room­y­se en een met ge­wo­ne room­ys. Oop Maan­dag tot Don­der­dag: 10 vm.-8 nm.; Vry­dag en Sa­ter­dag van 9 vm.-9 nm.; Son­dag: 9 vm.-4 nm.

028 435 6526

Sea S­hack S­truis­baai

Dié kui­er­plek vir die he­le ge­sin sit reg op die strand – die vloer is see­sand! Hier’s ’n ruim kroeg met ’n klei­ne­ri­ge spys­kaart – daar’s see­kos­op­sies en ’n bief­bur­ger, en jy kan ook draai­room­ys by ’n hok­kie aan die voor­kant be­stel. Kom skop jou san­da­le uit. Oop El­ke dag van 10 vm.-8 nm.

Waar? Min­ne­tok­ka­s­traat 4 028 435 7096; se­as­hack­struis­baai.co.za

55 K­nots

Die spys­kaart is wyd: Kies tus­sen see­kos, piz­za, pas­ta, hoen­der en var­klies. Hier’s ook ont­byt be­skik­baar. Van die bui­te­stoep af kyk jy uit oor die hoof­straat en die see. Oop El­ke dag van 9 vm.-9 nm.

Waar? Hoof­straat 55 028 435 7414

THE MI­CHA­EL COL­LINS

CAPE A­GUL­HAS BACKPACKERS

MARTHA NEWMAN Kel­ne­rin, 55 K­nots, S­truis­baai “Va­kan­sie­tye raak dit be­sig hier. Eint­lik te be­sig, maar ek ge­niet dit om al die nu­we men­se te ont­moet en te be­kyk.”

PE­LI­CAN’S HAR­BOUR CA­FE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.