Bly vei­lig in die bui­te­lug ge­du­ren­de dié brand­sei­soen

El­ke jaar staal die Wes-Kaap hom vir moont­li­ke bran­de. Die Kaap­se Wyn­lan­de-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit staan in die voor­ste li­nie van brand­be­stry­ding en het ’n paar waar­de­vol­le wen­ke hoe om jou en jou ge­sin teen veld­bran­de te be­skerm.

Weg! - - Dorp L’agulhas & Struisbaai -

Die Kaap­se Wyn­land-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit (KWDM) se brand­weer­diens blus el­ke jaar so­wat 1 500 veld­bran­de in ’n ge­bied van so­wat 22 309 km2. Die brand­sei­soen strek ge­woon­lik van 1 No­vem­ber tot 30 A­pril. So­wat 93% van veld­bran­de word deur men­se ver­oor­saak, en en­ke­le weens weer­lig of die­re­ak­ti­wi­teit. Brand­be­stry­ding is eg­ter nie al wat die KWDM-brand­weer­diens doen nie; hy be­rei ook nood­saak­li­ke brand­paaie voor. Boe­re of grond­ei­e­naars in die KWDM kan die brand­weer­diens­te kon­tak vir hulp met brand­paaie. Om te kan by­hou, word nu­we brand­be­stry­ders ge­reeld op­ge­lei ter­wyl be­staan­de brand­be­stry­ders hul­le vaar­dig­he­de uit­brei.

Daar is tans 60 vol­tyd­se brand­be­stry­ders en 60 re­ser­vis­te. Die mu­ni­si­pa­li­teit werk saam met Kaap­se Na­tuur­be­wa­ring, die Wyn­land-brand­be­sker­mings­ver­e­ni­ging en vyf pri­va­te grond­span­ne. Nie al­le bran­de word op die­self­de wy­se be­stuur nie. Die brand­weer­span be­sluit op die bes­te werks­wy­se na ge­lang van die si­tu­a­sie. Par­ty­keer sal die brand­weer­diens ‘n deel van die veld laat brand so­dat dit kan aan­vul. Bran­de hoog op in die berg is moei­lik be­reik­baar, en par­ty­keer moet grond­span­ne in­ge­vlieg word.

Die doel­wit van die KWDM-brand­weer­diens is om men­se, hul­le ei­en­dom en die om­ge­wing teen veld­bran­de te be­skerm. Die hoof­doel­wit is om bran­de te ver­hoed en – wan­neer dit wel uit­breek – le­wens­ver­lies te voor­kom en ska­de aan ei­en­dom te be­perk. Ons ge­reed­heids­be­plan­ning vir die

2018-’19-veld­brand­sei­soen sluit ’n be­stek­op­na­me van veld­brandri­si­ko’s in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.