HIER IS ’N LY­SIE VAN WAT JY MOET DOEN OM JOU EI­EN­DOM TE BEVEILIG

Weg! - - Advertensie-artikel -

• Het jy ’n a­larm­stel­sel by jou huis? Oor­weeg dit. Dit is nie net ’n be­leg­ging vir wan­neer jy weg is van die huis af nie, maar hou jou ook vei­lig as die diens (soos Fi­de­li­ty ADT) ’n nood­knop­pie in­sluit vir wan­neer jy of jou ge­lief­des al­leen tuis is. • ’n Vei­lig­heids­ka­me­r­a­stel­sel soos dié van Pro­vi­si­on ISR is duur, maar dis ’n een­ma­li­ge be­ta­ling. (Daar is geen in­te­ken­geld nie.) Na­dat jy die CCTV-ka­me­ras ge­ïn­stal­leer het, kan jy die bin­ne­kant van jou huis via ’n sel­foon-toe­pas­sing dop­hou. Kom­bi­neer dit met ’n a­larm­stel­sel soos dié van ADT so­dat ie­mand steeds gaan kyk of daar in­bre­kers in jou huis is as die a­larm af­gaan. • As jy reeds ’n a­larm­stel­sel het, laat diens dit el­ke ses maan­de om se­ker te maak al­les werk be­hoor­lik. Toets jou a­larm­stel­sel in die maand voor jou va­kan­sie deur die kon­tro­le­ka­mer te ska­kel. • Laat jou vei­lig­heids­diens en buurt­wag ten min­ste twee we­ke voor jou va­kan­sie weet dat jy weg­gaan. • Re­ël dat ie­mand die pos uit­haal. Niks “ad­ver­teer” so dui­de­lik dat jy op va­kan­sie is as ’n hoop pos op jou voor­stoep nie. • As jy nu­we ar­ti­kels koop, raak on­ge­siens van die ver­pak­king ont­slae. Die­we hou jou vul­lis­blik dop om te sien of jy ’n nu­we plat­skerm-TV, PlayS­ta­ti­on of ka­me­ra in die huis het. • Vra ’n vriend of buur­man om ’n oog te hou. Los ’n sleu­tel by dié per­soon. Moe­nie een in die blom­pot weg­steek nie. • S­tap om jou huis en kyk na jou hei­ning om te sien of daar plek­ke

is waar die­we kan oor­klim. Werk al die slot­te en knip­pe van die deu­re be­hoor­lik? Is daar plek­ke waar die­we kan weg­kruip? Lê daar tuin­ge­reed­skap of im­ple­men­te in jou ga­ra­ge rond waar­mee die­we die deu­re kan oop­breek? • Die­we laat hul­le nie flous deur lig­te wat dag en nag in die huis brand nie. Koop ’n tyd­re­ë­laar vir ’n lig vir ’n paar hon­derd rand by Ma­kro of Buil­ders. Toets dit voor­dat jy ver­trek. • In­stal­leer lig­te bui­te jou huis wat deur be­we­ging ge­ak­ti­veer word. • As jy ’n voer­tuig in die mo­tor­huis los, moe­nie die sleu­tel aan die haak by die voor­deur los nie. • As jy e­nig­sins kan, moe­nie jou va­kan­sie­voer­tuig in die straat par­keer nie. Laat jou voer­tuig bin­ne die ga­ra­ge. • Dis heer­lik om op Fa­ce­book oor jou lek­ker va­kan­sie te spog, maar wees ver­sig­tig vir so­si­a­le me­dia. Gaan jou Fa­ce­book-pro­fiel na om te sien of jou sel­nom­mer sig­baar is. Slim die­we het al moont­lik el­ders a­dres­lys­te be­kom en kan jou sel­nom­mer met jou woon­a­dres ver­bind. • Sluit al die deu­re. As jou ga­ra­ge­deur met ’n af­stand­be­heer werk, sluit dit met ’n slot aan die bin­ne­kant voor­dat jy ver­trek. Daar­die af­stand­be­heer­ders werk via ’n paar be­perk­te ka­na­le wat deur die­we op­ge­spoor kan word. • Moe­nie waar­de­vol­le goed oop en bloot in die huis laat rond­lê nie. Do­ku­men­te en pas­poor­te hoort in ’n kluis. • Draai jou stop­kraan toe en ont­kop­pel nie-nood­saak­li­ke toe­stel­le soos jou ke­tel en was­ma­sjien. Ska­kel die gei­ser af. Dit hou nie die die­we uit nie, maar ver­laag die ri­si­ko dat jou huis oor die va­kan­sie oor­stroom of af­brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.