Die­re­pret in Ma­da­gas­kar

Weg! - - Vooraf -

’n Be­soek aan Ma­da­gas­kar was nog al­tyd op my wens­ly­sie en ná die ar­ti­kel “Na die pa­ra­dys...” in Weg #149 was die koe­ël deur die kerk!

Ons was op ’n week lan­ge roei-uit­stap­pie saam met Ma­da­gas­car Is­land Sa­fa­ris. Ons het el­ke aand op ’n an­der strand ge­slaap, saam met see­skil­paaie ge­snor­kel­duik en uit die see ge­ëet.

Daar­na het ons nog tien dae saam met Mala­ga­sy Tours na die noor­de van die ei­land ge­toer.

Die een dag het dit ge­voel as­of ons in ’n Na­ti­o­nal Ge­o­graphic- fliek speel. Op pad na die Am­ber­berg- na­si­o­na­le park s­tap ’n hel­der­groen pan­ter­ver­kleur­man­ne­tjie (in­las) oor die pad. Ons gids hou stil en be­gin rond­kyk. Ons kom toe af op ’n goud­geel pan­ter­ver­kleur­man­ne­tjie (dis sy broei­kleur) wat met ’n Ous­ta­let se ver­kleur­man­ne­tjie in ’n boom ba­klei. Ons het ver­der ge­soek en die fem­me fa­ta­le ge­vind, uit­ge­dos in pers en o­ran­je.

In die An­ka­ra­na- na­si­o­na­le park het ons ’n trop le­murs ge­waar. Hul­le het skie­lik ’n bo­haai op­ge­skop en ho­ër in die bo­me ge­klim – ’n fos­sa het uit die niet ver­skyn. Dié kat is die ei­land se e­nig­ste roof­dier. Dis eint­lik ’n nag­dier, maar op daai dag het hy be­sluit om uit te gaan vir mid­dag­e­te. Dit was ’n won­der­li­ke er­va­ring. Dan­kie, Weg, vir die in­spi­ra­sie.

RODNEY en JO DUFFETT, Kaap­stad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.