A­pies jol groot!

Weg! - - Vooraf -

Ons het on­langs in die Ri­chards­baai-woon­wa­park ge­kamp. Dit was ons seun se troue, en ons klein­dog­ter, Mi­ka, en my man, Nols, se ver­jaar­dag.

Ek het ’n mooi pienk Bar­bie-koek en kol­wyn­tjies met el­ke maat­jie se naam daar­op laat bak. Vir Ou­pa het ek ’n C­hee­tahs-koek laat bak met ’n groot mand­jie bil­tong en dro­ë­wors daar­by. Ek het die ge­bak en peu­sel­hap­pies van Rie­beeck­stad af saam­kar­wei.

Die og­gend van die vie­rin­ge moes ons gou ’n laas­te paar in­ko­pies doen. Ek het din­ge staan­ge­maak op ’n ta­fel in die woon­wa en ’n doek oor al­les ge­gooi. Die vrug­te­pons (mét skop) het ek bo-op die ys­kas ge­sit.

Te­rug by die kamp­plek sien al­mal nou al goed uit na die par­ty­tjie. Ek het vin­nig uit die kar ge­spring en die woon­wa se deur oop­ge­sluit.

Goeie ge­nug­tig, die skok van ons le­we het op ons ge­wag: T­wee pienk­ge­smeer­de a­pies sit­lê op ons bed soos ’n waf­fer­se wit­te­broods­paar.

Die woon­wa lyk soos ’n bak­ke­ry wat ont­plof het. Die rug­by­koek is stuk­kend ge­skop pa­le toe. Die Bar­bie-pop lê tus­sen die ape – haar ver­sie­rings af­ge­vreet. Die mand­jie is oop­ge­skeur en die bil­tong skoon­veld.

Daar was min oor van die pons. Dié dat hul­le soos t­wee boe­me­laars op die bed lê. Dit lyk eint­lik as­of hul­le in die pons ge­duik het! Hul­le het met ’n spoed pad ge­vat woud-in... Ek dink hul­le het hul­le­self nug­ter ge­skrik. ’n Mens kon nie help om ook te lag oor die si­tu­a­sie nie. Die woon­wa­park is een van die al­ler­mooi­ste oor­de. Die per­so­neel is vrien­de­lik en be­dag­saam. Ek het hul­le ver­tel van my groot ska­de, en bin­ne tien mi­nu­te is daar ge­re­ël vir die bak van ’n rug­by­bal­koek, ’n Bar­bie-koek en kol­wyn­tjies by ’n bak­ster op die dorp.

Ek is spyt ek het nie fo­to’s van die pe­tal­je nie, maar ek was so woe­dend op daar­die oom­blik ek kon aan niks an­ders dink nie. Ek het wel ná dié tyd hier­die ka­lant af­ge­neem. Hy het my heel­tyd dop­ge­hou.

ANTOINETTE SCHOEMAN, Rie­beeck­stad >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.