Weg!

1VERNEUKPA­N, NOORD-KAAP Kamp in die stilste stilte

-

Wanneer laas kon jy dophou hoe jou vuur se vonke deel word van die Melkweg net bo jou kop? Wil jy ’n slag na die sonsopkoms kyk asof dit die heel eerste keer is wat jy dit sien?

Die meeste mense het al van Verneukpan gehoor, maar min het nog op dié kaaltes oornag. Kom slaan jou tent op – die kans is goed jy’s die enigste een hier. En dis goed so. Want so elke nou en dan moet ’n mens net die bloed in jou ore hoor suis om seker te maak jy lewe. Koste Kamp: R150 p.p.p.n. Jy kamp waar jy wil, maar hier is ’n groot takskerm vir braai en kuier (dit kan soms winderig raak), asook ’n badkamer met ’n donkie vir warm water.

WENK Dit reën min, maar as dit wel reën, raak die pan glad en modderig. Bel vooraf om seker te maak die pan is droog.

– Willem van der Berg >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa