2 GANNAGAPAS, TANKWA-KA­ROO

Weg! - - Suid-afrika Vakansie - – Wil­lem van der Berg

Vir ver kyk en lek­ker eet

’n Mens moet pro­beer om el­ke jaar ’n stuk of drie nu­we paaie te ry. Sit die Gannagapas van­jaar op jou lys. Dié grond­pad kron­kel uit die Tankwa-Ka­roo en teen die Rog­ge­veld­berg uit (so­wat 35 km suid van Mid­del­pos). Die 7 km lan­ge pas maak 45 draaie en swaaie tot bo. Moe­nie skrik nie; die op­per­vlak is ge­woon­lik goed en die steil­tes van so ’n aard dat jy dit tjoef-tjaf kan uit­ry in ’n voer­tuig met ’n bie­tjie grond­vry­hoog­te.

Maar moe­nie jaag nie. Draai jou rui­te af, neem fo­to’s, hou stil en haal a­sem. Half­pad boon­toe staan ’n ba­tal­jon bot­ter­bo­me teen die han­ge.

Van die uit­kyk­punt af tuur jy uit oor die haar­naald­draaie, en die Tankwa se vaal leeg­tes tot doer waar die son ag­ter die Se­der­berg se rug in­skuif.

Bo-op die pas kan dit mak­lik 7 ºC koe­ler wees as on­der. Soms is dit ’n la­fe­nis, an­der ke­re te koud. Ge­luk­kig is die ge­sel­li­ge Gan­na­ga Lod­ge net 3 km ver­der. Die lod­ge het kag­gel­vu­re wat knet­ter, rooi­wyn, ’n hel­der swem­bad en koue bier. Johan Vi­sa­gie, die ei­e­naar, was voor­heen die Mid­del­pos-po­li­sie­sta­sie se be­vel­voer­der. Op die spys­kaart is al­ler­han­de Ka­roo-tref­fers: skaap­ster­tjies, skil-pad­jies, ker­rie-af­val, lams­nek, kai­ings en skaap­kop.

Kos­te Hier is ’n self­sor­ghuis, die K­lip­huis, met slaap­plek vir vier mense in ’n slaap­ka­mer en op ’n slaap­bank, ’n ou plaas­huis met vyf en sui­te­dub­bel­ka­mers, en die stal­le met ses en sui­te-dub­bel­ka­mers. Ta­rie­we van­af R300 p.p.p.n.

WENK Die dor­pie Mid­del­pos is so­wat 30 km van die lod­ge af. Die Mid­del­pos­diens­sta­sie het brand­stof en ’n werks­win­kel waar ban­de her­stel of ver­vang kan word. 073 260 5305; 079 922 1688; gan­na­ga­lod­ge.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.