Weg!

10 WATERFALL BLUFF, WILDEKUS

- – Evan Naudé

’n Waterval in die see

’n Mens kan nie help om dankbaar te wees dat grootskaal­se ontwikkeli­ng die Wildekus gesystap het nie. Dis waarskynli­k van die mees ongerepte landskappe in Suid-Afrika. Dit beteken natuurlik jy kan nie net in jou Volkswagan Up na ’n netjiese parkeerter­rein met ’n uitkykpunt ry en ’n selfie neem nie. Nee, Meneer, hier moet jy ’n bietjie werk – jy gaan of jou stapskoene moet aantrek of ’n hobbelrige grondpad aandurf.

Waterfall Bluff, sowat 35 km noord van Port St. Johns, is so ’n plek. Die Mkozirivie­r val hier skouspelag­tig sowat 60 m ver tot in die see. Dis een van net ’n handjie vol op die planeet wat direk in die see stort. Jy kan die waterval op twee maniere bereik: Stap die sowat 11 km van die Mbotyi Lodge af. Op die roete stap jy ook verby Cathedral Rock (sowat 3,5 km van die waterval af ), ’n hengse rotsboog wat met een voet in die see staan.

Of stap die 4 km van die Luphutana-kamp af. Jy het wel ’n 4x4 nodig om tot by Luphutana te kom.

Bring jou swembroek en maak ’n draai by die Mamba-poele aan die bokant van Waterfall Bluff, die poele lyk soos ’n toneel uit die fliek The

Jungle Book. As die see rustig is, kan jy ook onder by die waterval swem. Koste Dis aan te bevole om met ’n gids te stap – bespreek by die Mbotyi River Lodge teen R400 per dag vir twee mense.

Slaapplek? Kamp by Mbotyi (vanaf R140 p.p.) of bly in selfsorgro­ndawels met gemeenskap­like geriewe, ook in die kampterrei­n (vanaf R850 p.n. slaapplek vir 6 mense). Of bly in die fênsie Mbotyi Lodge langs die kampterrei­n (vanaf R885 p.p. wat deel, alle etes ingesluit) 082 674 1064;

mbotyi.co.za. Die Luphutana-kamp het en suite-safaritent­e (vanaf R360 p.p.) op houtdekke met ’n gemeenskap­like kombuis. Bring jou eie beddegoed, kos en drinkgoed. 011 888 1160; greenfire.co.za

WENK Bring ’n driepoot en ’n neutrale digtheidsf­ilter om foto’s met ’n stadige sluiterspo­ed by die waterval te neem.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa