Weg!

14 PUNDA MARIA, KRUGERWILD­TUIN

- Esma Marnewick

Toer terug in tyd

Die Kruger se noordeliks­te ruskamp, Punda Maria, is een van daai ouwêreldse plekke. Dié klein ruskamp vang iets vas van die gees van die avontuurli­ke begindae van die Kruger. Dalk is dit die oorspronkl­ike paal-en-klei-huise wat in 1931 gebou is, wat nog gemeenskap­like braaiplekk­e het. Of die stories van grootwildj­agters en onwettige ivoor- en arbeidsmok­kelaars wat lank in hierdie wilde hoek hulle eie reëls gemaak het.

Beplan jou besoek vir die somer wanneer hier ’n oorvloed trekvoëls in die noorde van die park is. Dan kan jy skaars voëls soos die Europese en Afrikaanse wielewaal, geelbektro­upante en selfs wimpelvler­knaguile afmerk. Gaan soek aksie op die S64 na die Luvuvhubru­g en die S63 na Crooks’ Corner. Ons het gery op laasgenoem­de pad, wat al langs die Luvuvhuriv­ier en deur ’n woud van geelgroen koorsbome loop. Daar was gewone vleiloerie­s, byvreters, rooiruglak­smanne, rooibekkak­elaars, rooikeelby­vreters, visarende én ’n kaalwangva­lk wat iets probeer vang!

Klim uit by die Crooks’ Corner-uitkykpunt en sit en tuur oor die samevloeii­ng van die Luvuvhu- en Limpoporiv­ier – hier lê gewoonlik ’n krokodil of twee. Aan die ander kant lê Mosambiek en Zimbabwe. Koste Bewaringst­arief van R93 p.p. en R47 per kind jonger as 12.

Slaapplek Kamp: vanaf R243 p.n. vir 2 mense, R89 per ekstra persoon, R45 per ekstra kind (slaapplek vir 6). Selfsorghu­is met gemeenskap­like kombuis: vanaf R888 p.n. vir 2 mense. Safaritent: vanaf R1 055 p.n. vir 2 mense.

WENK Nie lus om na jou buurman se uitfokus foto’s van rooibokke te kyk nie? Gaan stap die Flycatcher-roete wat agter die ontvangska­ntoor begin – sowat halfpad staan ’n bankie onder die bome. Hy sal jou nooit hier kry nie.

013 735 6873 (Punda); 012 428 9111 (bespreking­s); sanparks.org

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa