13 BARBERTON-GEOROETE

Weg! - - Suid-afrika Vakansie - An­ne­ma­rie van der Walt

Toe die wê­reld nog jonk was

’n Mens kan die Barberton-Georoete tel­ke­ma­le be­leef en él­ke keer iets nuuts leer – al is dit net om jou tong om nóg ’n ge­o­lo­gie­se term te kry. Gits, nie net is die rots­for­ma­sies se na­me (a­re­niet, ba­riet, la­pil­li) vir die leek ’n uit­da­ging nie, maar ook die tyd­raam­werk waar­in on­der meer die Barberton-groen­steen tot stand ge­kom het: by­na 3 mil­jard jaar ge­le­de.

Ge­luk­kig is hier in­lig­tings­bor­de met goeie gra­fi­ka by el­ke stil­hou­plek wat pre­sies ver­dui­de­lik wat jy daar kan sien en hoe dit in die gro­ter ge­heel in­pas, van die rif­fel­rots wat eint­lik ’n ver­steen­de see­vloer is tot die so­ge­naam­de

bi­o­mats wat die eer­ste te­kens van pri­mi­tie­we le­we op aar­de is. ’n Mens se kop dui­sel.

Die roe­te be­gin waar die R40 en R38 net bui­te die dorp kruis; jy gaan die steil Sadd­le­back-pas aan­pak vir so­wat 45 km tot net voor die Jo­sefs­dal­grens­pos na S­wa­zi­land.

Die Georoete is groots en sit die mens som­mer op ’n goeie ma­nier weer op sy plek.

Kos­te Gra­tis. Koop ’n roe­te­gids vir R120 by die Barberton-toe­ris­me­kan­toor in Pil­grimstraat. ’n Be­ge­lei­de toer deur die ge­o­lo­gie­ken­ner Tony Fer­rar ( 072 376 2581) kos R200 per groep p.d. (mak­si­mum 6 mense).

WENK Sit min­stens ’n hal­we dag op­sy. Pak ’n piek­niek­mand­jie; hier is braai­plek by van die uit­kyk­pun­te. Die uit­sig van die een by Le­bom­bo/ Mak­hon­j­wa, teen 1 800 m bo see­vlak, kry vyf ster­re. Hier is ook ’n op­som­ming van die roe­te, én die in­lig­ting is in Brail­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.