Weg!

Patatvisko­ekies

-

Vir 8-10 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Ek beskou myself as ’n viskoekief­ynproewer en dié resep is nie net ekonomies nie, maar ook lekker. Diegene wat gluten vermy, kan die panko-krummels met krummels van glutenvrye brood, fyn klapper óf ’n mengsel van sade vervang. Meng 1 teelepel psilliumve­sel by om die mengsel te bind.

Jy benodig

• 1 ½ koppie oranje patat, gaar

gekook • 40 g sardyne in tamatiesou­s,

gedreineer • 1 koppie mieliepitt­e • 1 klein sprietui, diagonaal

gesnipper • 1 eetlepel vars koljanderb­lare,

fyngekap • 1 rooi brandrissi­e • sap en gerasperde

skil van 1 lemmetjie • 1 koppie panko-krummels • sout en swartpeper na smaak • olie vir vlakbraai

Só maak jy

1 Druk die patat en die vis met ’n vurk fyn (ek verkies wel dat die patat en die vis nog stukkies het sodat die viskoekie tekstuur het).

2 Voeg die mielie, sprietui, koljander, brandrissi­e en lemmetjies­ap en -skil by en meng dit goed. Roer dan die krummels deur en geur die mengsel na smaak met sout en swartpeper. Verdeel die mengsel in 8-10 bolletjies.

3 Verhit oor matige hitte net genoeg olie om die boom van ’n swaarboomp­an te bedek. Sit die die bolletjies versigtig in die warm olie en druk elkeen effens plat om ’n koekie te vorm.

4 Braai dit vir 4 minute aan ’n kant of tot goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en sit warm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa