Weg!

OzTrail Easy Fold-kampbed

-

Om jou matras van die grond af te lig het heelwat voordele: Jy voel nie die hobbels en ongelykhei­d onder jou nie, jy is beter geïsoleer teen die koue, jy kan goed onder jou bêre én dit is ’n lekker sitplek in die tent.

Hierdie kampbed doen wat sy naam belowe – dit vat minder as 20 sekondes om hom oop te vou. Die materiaal-oppervlak is styfgespan en daar is nie irriterend­e dwarslatte by die kop of voetenent nie.

Dis net so maklik om hom op te pak: Vou die bene plat, vou die hele ding in die helfte en sit hom in sy drasak. Gewig wanneer ingepak 11 kg Afmetings 200 cm (l) x 80 cm (b) x 42 cm (h) Maksimum-dravermoë 150 kg

R1 500 by takealot.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa