Ten­t­co Ju­ni­or Sa­fa­ri Bow-tent

Weg! - - Toerusting Kamp -

’n Seil­doek­tent is dalk swaar­der en meer bon­kig as ’n ny­lon­tent, maar dis meer duur­saam, bied meer i­so­la­sie, is don­ker bin­ne en mak­lik om reg te maak as dit skeur. Pas dit op en dit be­hoort vir e­wig te hou.

’n Mens kan die ge­hal­te voel as jy dié koe­pel­tent op­slaan: Die grond­seil is dik en die pa­le is van trek­vas­te staal. Die Ju­ni­or het te­o­re­ties plek vir vier mense, maar dis be­ter vir ’n paar­tjie wat kamp­weel­de soek. (Oor­weeg die Ten­t­co Se­ni­or Sa­fa­ri as jy meer plek soek.)

Die bo­seil is ’n bo­nus; dit maak ’n net­jie­se son­skerm bo-oor die deur vir nog ska­du­wee. Ge­wig wan­neer in­ge­pak (tent en raam) 24 kg Af­me­tings 250 cm (l) x 250 cm (w) x 180 cm (h)

R4 350 by cam­pan­d­climb.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.