Weg!

Bekroonde weelde in die Bosveld

MEER OOR FIFTY SEVEN WATER BERG

-

Die malariavry­e Welgevonde­n-wildreserv­aat en die bekroonde Fifty Seven Waterberg, ’n vyfsterbos­lodge, is net drie uur se ry noord van Johannesbu­rg. Dié lodge bied die beste in die

bedryf wat luukse verblyf en etes betref. Geniet eksklusiew­e wildkykgel­eenthede in dié Groot Vyf-reservaat en geniet die wilde skoonheid van die Suid-Afrikaanse bosveld.

Fifty Seven Waterberg is in die hartjie van die Welgevonde­n-wildreserv­aat en is bekend vir sy uitsonderl­ike vyfster-aanbieding­e. Dié lodge bied ongeëwenaa­rde persoonlik­e diens en spog met die beste van die Suid-Afrikaanse boservarin­g saam met luukse verblyf en etes.

Die 35 000 ha-wildreserv­aat huisves die Groot Vyf, maar ook ’n oorvloed ander wild en meer as 300 voëlspesie­s.

Die lodge kan maksimum 10 gaste akkommodee­r – eksklusiwi­teit en privaathei­d is dus gewaarborg. “Ons mikpunt was om ’n persoonlik­e benadering te hê deur ’n profession­ele maar gemaklike atmosfeer te skep wat ons gaste kan geniet, verduideli­k Quintin Wiehahn, direkteur van die WH Leisure Group.

Die lodge se dekor is ’n balans tussen weelde en eenvoud – ’n voorstelli­ng van

alles wat ons land het om te bied. Die kamers het en suite-badkamers en maak oop op ’n private stoep wat uitkyk oor die omliggende grasveld sodat gaste met dié mooi uitsig na aan die natuur kan voel.

Bespreek ’n suite vir jou en jou maat, of bespreek die hele lodge vir ’n private feesvierin­g. Die kombinasie van die goed bestuurde reservaat en die luukse lodge met bedagsame personeel verseker dat jou verblyf besonders sal wees.

“Ons wil hê ons gaste moet ’n egte Suid-Afrikaanse boservarin­g geniet terwyl hulle uitstekend­e diens ontvang,” sê Quintin.

“Ons goed opgeleide personeel doen graag ekstra moeite vir ons gaste. Ons streef voortduren­d daarna om ons gaste se verwagting­e te oortref en hulle tevrede te stel.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa