Bal­jaar in die ri­vier

Weg! - - Port Edward Dorp -

Se­dert 1935 is hier ’n pont oor die Um­tam­vu­na wat in 1966 ge­sluit het toe die CH Mit­chell-brug (ook be­kend as die Umtamvunabrug) vol­tooi is. Dié brug strek 206 m oor die ri­vier en ver­bind K­waZu­lu-Na­tal met die Oos-Kaap.

Dees­dae is die plek waar die pont was, ’n va­kan­sie­oord (sien on­der) wat ook Wa­ter Wor­ld – ’n wa­ter­sport­on­der­ne­ming – huis­ves. Richard Koba van Wa­ter Wor­ld ver­tel: “Ek ge­niet my werk om gas­te op ’n boot­vaart te neem so­dat hul­le die mooi plek­ke kan sien. Hier is ge­reeld vis­a­ren­de en krans­aas­vo­ëls na­by die ri­vier.”

Dis reeds lek­ker om net tot hier te ry, dalk ’n bier of ’n burger te ge­niet by The Pont Bar & Re­stau­rant en langs die ri­vier te ont­span. Maar dit is so­veel meer pret om op die ri­vier te vaar. Wa­ter Wor­ld vaar daag­liks met die S­pel­l­bound Gam­bler II – ’n groot boot met plek vir tot 60 pas­sa­siers. Vir die­ge­ne wat meer pri­vaat wil vaar, is daar die Sun­dan­ce met plek vir net 10 mense.

As a­dre­na­lien jou ding is, is hier on­der meer snel­boot- en tjoe­prit­te. Met my be­soek aan Port Ed­ward vaar ek vir ’n half­uur saam met Pe­ter Gad­din, ’n vlie­ë­nier van Jo­han­nes­burg, in sy mo­tor­boot. “Ek het ne­ge jaar ge­le­de hier kom va­kan­sie hou, ’n plek te koop ge­sien... en die res is ge­skie­de­nis,” sê hy.

Teen son­on­der vaar ons rus­tig. Weers­kan­te van die ri­vier lê dig­te ri­vier­woud. Die bier is koud en die le­we is lek­ker hier op die ou Trans­kei se stoep. Kos­te Dag­be­soe­kers R30 p.p. (vol­was­se­nes), R10 p.p. (kin­ders jon­ger as 12). Om vir een uur op die S­pel­l­bound Gam­bler II te vaar kos R120 p.p. (vol­was­se­nes) en R60 p.p. (kin­ders jon­ger as 12). Sien web­werf vir vol­le­di­ge ta­rie­we. Waar? Old Pont-weg, 6 km wes van Port Ed­ward. Oop Wa­ter Wor­ld is bui­te sei­soen toe op Maan­dae en Vry­dae. Kon­tak 081 826 1694; wil­d­co­as­t­wa­ter­wor­ld.co.za; old­pont.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.