Weg!

Ryan Sandes

-

ONS GESELS MET

Hulle is almal familie of vriende, en húlle familie en vriende. Ons jongste lid was 7 jaar oud, en die oudste 72.

Wie se idee was die speletjie? Ná die Big Year was ons lewe vreeslik saai! My tannie Antoinette van Eeden veral was maar droewig.

Sy het my eendag gebel en voorgestel ons ontwerp ’n bordspelet­jie. Ek het dadelik ingestem!

Hoe het julle te werk gegaan? Die Jordaans en Van Eedens het elkeen ’n konsepspel­etjie op karton aanmekaar gesit. By ’n familiebra­ai het van Ouma tot die kleinkinde­rs saam gespeel. Nadat ons op die finale speletjie besluit het, het ons vriende gevra vir terugvoer, ’n uitlegkuns­tenaar gekontak en drie jaar later het 1 000 speletjies aangekom by Durban se hawe.

Hoe het BirdLife SA betrokke geraak? Ons wou ’n deel van die wins aan bewaring skenk en die organisasi­e genader. Hy het die speletjie effens hersien en onderskryf. Dis te koop by die BirdLife SA winkel in Johannesbu­rg: Humepad 17, Dunkeld-Wes, of stuur ’n e-pos na shopforthe­birds@birdlife.org. za. BirdLife SA ontvang R30 vir elke speletjie wat verkoop word.

Wat is volgende? Ha! Ek studeer nou voltyds argitektuu­r en my tannie het pas ’n baba gehad! Ons hoop om in die toekoms ekstra kaartstell­e of dalk ’n app te ontwikkel.

Wat is jou gunsteling­voël? ’n Witwanguil! Ons het die Big Year in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk begin. Ons was op pad na die Mata Mata-kamp toe ek twee groot oranje oë in ’n bos gewaar. Dit was ons eerste witwanguil met ’n ernome snorbaard. Van toe af het ek hom elke keer eerste gesien op daai toer.

Wat is jou gunsteling-voëlkykkol? Die Kruger. Jy kan maklik 100 spesies binne vier dae afmerk. In die somer komplement­eer die groenighei­d die voëls se helder broeikleed mooi.

Nog ’n gunsteling is die Kwa Nokeng Lodge op die Botswanagr­ens. Ná ses maande het my lys al by 305 spesies getrek. Tog kon ek daar in ’n oggend ses nuwe spesies aanteken! Ons het selfs ’n visuil hoor roep!

Waar kry ’n mens die speletjie? Die speletjie kos R500 (posgeld uitgesluit). Bestel een by birdsafari.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa