Weg!

DAG 8

-

Wanneer jy vanoggend jou kar pak, maak alles ékstrastew­ig vas en blaas jou bande nóg so ’n bietjie af. Vandag gaan rof wees. Draai ná die staalbrug links in die rigting van Linyanti.

Tussen jou en Linyanti lê die Magwikhwe-sandrif, en om oor dit te kom gaan jy deur diep sand ry. Anders as by Savuti, is die Linyanti-moeras allesbehal­we droog.

Die moeras is ook waar een van Botswana se riviere se naam verander: Voor die water by dié moeras invloei, is dit die Kwandorivi­er (in Namibië), in die moeras is dit die Linyantiri­vier, en as dit uitvloei, word dit die Chobe.

Hier is nie baie wildkykroe­tes nie. Verken die 8 kmoewerpad waar ’n paar uitkykpunt­e lê. Jy het geskud en gestamp al die pad hierheen; saal eerder die res van die dag af by jou kampplek. Die Linyanti-kamp is die verste en stilste hoekie van die Chobe- nasionale park. Hier is net vyf staanplekk­e en almal is teenaan die water.

Olifante en selfs wildehonde word dikwels in die kampplek gewaar – jy hoef nie eens uit jou kampstoel op te staan nie. Geniet die afsonderin­g, môre is dit weer terug “beskawing” toe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa