WegSleep Kampgids

Houhombyde­rhand

-

Julle het gepraat en ons het geluister... WegSleep se eerste Kampgids vir slepers en kampeerder­s wat in 2012 verskyn het, was ’n wegholsuks­es. Dit het vinnig uitverkoop en ons het daarna baie navrae gekry van mense wat nog ’n eksemplaar soek. Daarom het ons die gids vir jou hersien, bygewerk en nuut gemaak.

Byna die helfte van die inligting in die WegSleep Kampgids 2016 wat jy in jou hand vashou, is nuut en opgedateer. Ons fokus onder meer op sleepkwess­ies wat die laaste tyd in die kollig was – soos die sleeprybew­ys en die verwarring en onsekerhei­d oor hoeveel jy nou eintlik in jou wa mag laai en wat jy met jou voertuig mag sleep. Dis egter nie ’n reël- óf handboek soos jou algebraboe­k in matriek nie. Dit is ’n praktiese lekkerlees­gids, ’n naslaangid­s wat daarop gemik is om dinge op die pad en in die kampplek nóg aangenamer te maak.

Teen die tyd dat jy hom deurgelees het, sal jy die sleepregul­asies en reëls ken en jy sal kan saam gesels oor onder meer tarra, BVM, BKM en die EB-rybewys, die sleepvermo­ë van diesel- en petrolenji­ns, en oor veilig sleep. Die Kampgids vertel ook vir jou hoe jy self jou wa kan diens en hoe jy hom moet onderhou en oppas om nog jare se kampvreugd­e uit hom te put.

En daardie stringe syfers van die verskillen­de GPS-koördinate, al daardie belangrike syfers op jou wa se bande en die instel van jou wa se DStv-skottel word vir jou maklik gemaak.

Die lekker van die Kampgids is dat jy nie alles hoef te memoriseer nie. Gee vir hom ’n plek in jou sleepvoert­uig se mossienes of in jou wa en haal hom uit wanneer jy nie presies kan onthou hoe om jou wa se remskoene te diens of watter kleur draad in die ligteprop die een vir die regterflik­kerlig is nie. Of haal hom uit as jy sommer net langs die kampplek se swembad wil sit en ontspan.

Lekker lees, lekker en veilig sleep... en lekker kamp!

 ??  ??
 ??  ?? WAARNEMEND­E REDAKTEUR
WAARNEMEND­E REDAKTEUR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa