HOEVEEL WEEG JOU SLEEPVOERTUIG EN WOONWA OF SLEEPWA SAAM?
Die twee voertuie se gesamentlike gewig mag nie meer wees as die sleepvoertuig se BKM nie. (Jy sal dit ook op die sleepvoertuig se gewigsplaatjie sien.)
Gestel jy ry met ’n Toyota Land Cruiser 79-bakkie met ’n 4,0 ℓpetrolenjin en jy wil ’n Jurgens Exclusive aanhaak: Volgens Toyota SA se webwerf is die tarra van die bakkie 2 055 kg – dus kan jy die Exclusive (met ’n BVM van 1 800 kg) wettig daarmee sleep. Indien jy die Cruiser tot sy toelaatbare BVM van 3 200 kg en die woonwa ook tot sy maksimum laai, weeg die twee saam 5 000 kg.
Die Cruiser se toegelate BKM is egter net 4 700 kg. Hoewel die twee voertuie afsonderlik nie oorlaai is nie, oorskry hulle steeds die bakkie se BKM met 300 kg en is die kombinasie dus onwettig.