WegSleep Kampgids

RYBEWYS, ASSEBLIEF..

-

As jy jou rybewys gekry het in die dae toe hy nog in jou ID-boekie gepryk het, mag jy ’n woonwa sleep sonder enige ekstra papierwerk – jou ou kode 08-rybewys het in die nuwe stelsel ’n EB-rybewys geword.

As jy jou rybewys ná 1998 gekry het (toe die nuwe kaartstels­el begin is) en jy haak niks groter as ’n bagasiewae­ntjie vir ekstra pakplek op die langpad of om Saterdae tuinvullis weg te ry nie, kan jy ook gerus wees. Die kode B-rybewys wat jy gekry het die dag toe jy uitpasseer het, is in die haak.

As jy egter tans net ’n kode Brybewys het en jy wil ’n woon- of boswa haak – trouens enigiets met ’n bruto voertuigma­ssa (BVM) van meer as 750 kg – dan is dit tyd dat jy maar ’n afspraak by die naaste verkeersde­partement maak en gaan uitpasseer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa