WegSleep Kampgids

VOERTUIGLI­SENSIE

-

Die beste plek vir jou lisensiesk­yfie is die woonwa se agterruit (fig. 1). As jy een van die nuwer waens sonder ’n agterruit het, kan jy dit in een van die ander ruite plak, solank die verkeersme­nse dit maklik kan sien. Vir ’n sleepwa moet jy ’n ronde lisensiesk­yfhouer op die A-raam hê (fig. 2). ’n Inligtings­plaatjie met die wa se gesertifis­eerde bruto voertuigma­ssa (BVM) en bruto asmassa (BA) moet vertoon word – gewoonlik ook op die sleepwa se A-raam. As jou wa se lisensie verval, mag jy nog 21 dae lank wettig sleep voordat jy in die ry moet gaan staan om ’n nuwe een te kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa