WegSleep Kampgids

SÓ WERK INLOOPREMM­E

-

Inloopremm­e is ’n Duitse uitvindsel wat al langer as twee dekades wêreldwyd gebruik word.

Só werk dit: Die koppelstuk van die sleepding is op ’n skokbreker (A) gemonteer. Wanneer jy rem trap, beweeg die sleepvoert­uig stadiger, maar die sleepding beweeg nog vorentoe en pers die skokbreker saam. Aan die agterste punt van die skokbreker is ’n remhefboom (B) wat om ’n spil beweeg. Wanneer die skokbreker die boonste punt van dié hefboom agtertoe druk, beweeg die onderste punt terselfder­tyd vorentoe.

Aan die onderste punt van die hefboom is kabels (C) vas wat na die wieldromme op die wa loop. Wanneer dié punt van die hefboom dus vorentoe beweeg, trek die kabels styf en die sleepding word gerem.

Wanneer die sleepvoert­uig versnel, word die skokbreker weer tot sy maksimum uitgerek, die remhefboom se bopunt word vorentoe getrek, die onderpunt beweeg agtertoe en die remme gee skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa