WegSleep Kampgids

HOU JOU OË OP DIE PAD

-

Padongeluk­ke is ongelukkig ’n nare werklikhei­d: Volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie sterf sowat ’n halfmiljoe­n mense wêreldwyd jaarliks aan malaria, maar meer as dubbel soveel verloor hulle lewe in padongeluk­ke. Suid-Afrika vaar besonder sleg – ons het van die hoogste aantal padsterfte­s per 100 000 mense, en boonop toon ’n studie deur Discovery Insure jou kanse om in ’n botsing betrokke te wees is van die grootste wanneer jy die langpad vat op vakansie.

VAKANSIEGA­NGERS LOOP DEUR

In Discovery se studie word die gedrag vergelyk van motoriste wat oor vakansiety­e ver afstande aflê met dié wat elke dag in die stad bestuur. Bestuurder­s wat in vakansiety­e reis, is skynbaar ongeduldig­er op die pad, want die aantal spoedoortr­edings neem dan met 26% toe. Meer mense is ook dan geneig om in die aand te bestuur, want dié syfer styg ook met 5,5%.

Volgens die owerhede se verslag met die titel “Snapshot of the Road Traffic Manage ment in South Africa”, wat ongelukke in 2011 gedokument­eer het, het net meer as 60% van alle noodlottig­e ongelukke oor naweke gebeur. Dis ’n somber prentjie, maar uit al dié statistiek kan ’n mens tog ’n paar lesse leer om veiliger te reis.

BEPLAN MOOI

Versigtig op ’n Vrydag. Volgens Discovery se navorsing is daar op Vrydae 15% meer verkeer as gewoonlik op die paaie. Die ongeduld om te gaan naweek hou laat mense blykbaar ook slegter bestuur, want luidens die verslag is dit ook die tyd wanneer mense glo die meeste jaag en roekeloos bestuur.

Wees maar bang vir die donker. Moet verkieslik nie tussen tienuur saans en vieruur soggens ry nie. Jou kanse om in ’n botsing betrokke te wees is tien keer hoër as enige ander tyd van die dag. Dit gaan in elk geval net ’n groot gespook afgee om al jou mense donkernag al in die kar te laai.

Alles loop reg... As jy jou voertuig ordentlik nagaan om seker te maak hy is padwaardig voor jy vertrek, verminder jy jou kanse op ’n ongeluk met ’n goeie 15%. (Die kans op ’n familietwi­s terwyl jy wag op ’n insleepdie­ns is ook aansienlik minder...)

VAT DIT RUSTIG

Dis algemene kennis dat jy gereeld moet aftrek en bene rek wanneer jy die langpad vat. Volgens Discovery gaan die rit van Gauteng tot aan die KwaZulu-Natalse kus jou vyf en ’n halwe uur neem as jy elke twee uur aftrek en vir 15 minute ’n blaaskans neem. As jy eenstryk deurry – en dan boonop 5 km vinniger as die spoedgrens ry – gaan jy wel ’n uur vroeër by jou bestemming aankom, maar jou kanse om glad nie daar aan te kom nie verdubbel ook. Dis nou bo en behalwe die feit dat jy gaan tam raak agter die stuur.

GEDRA JOU!

Kom ons wees nou maar eerlik: Geen voertuig maak op sy eie ’n ongeluk nie. Iemand moet iets doen – of nié doen nie – om ’n ongeluk te veroorsaak. Die nalatighei­d van bestuurder­s is die grootste oorsaak van ongelukke. Dis nou simpel gedrag soos om die spoedgrens te verontagsa­am of roekeloos te bestuur – dinge soos om op ’n blinde hoogte verby te steek. Om te rook, eet of drink (selfs al is dit koffie of koeldrank) terwyl jy bestuur, lei ’n mens se aandag af en verhoog die kans dat jy ’n ongeluk gaan maak. En dan is daar selfone...

BEL MAAR LATER

Jou kanse om ’n ongeluk te maak word vier keer groter wanneer jy jou selfoon gebruik terwyl jy bestuur. Anton Ossip, uitvoerend­e hoof van Discovery Insure, sê twee derdes van bestuurder­s gebruik hulle foon terwyl hulle bestuur, en menige bestuurder­s probeer selfs SMS’e stuur terwyl hulle agter die stuur sit. Volgens Discovery se navorsing gebruik bestuurder­s in Limpopo hulle fone die meeste wanneer hulle ry, terwyl die Kapenaars die meeste wetsgehoor­saam is in dié opsig. Sowat 40% van selfoongeb­ruikers in voertuie het glo ’n handvrye toestel, maar 80% van al die oproepe in die motors word daarsonder gemaak.

Die slimkoppe by Discovery reken jou aandag word vir amper ’n minuut afgelei wanneer jy ’n selfoon gebruik. Dit is so goed as om vir 1 km teen 60 km/h te bestuur – met jou oë toe.

MAAK VAS!

Dertig, veertig jaar gelede was die dra van sitplekgor­dels nie verpligten­d nie, maar vandag is daar geen twyfel oor hoeveel lewens dit red nie. Volgens die regering se verslag dra 67% van insittende­s op die voorsitple­kke van karre getrou hulle sitplekgor- del. Hulle reken as die syfer vir voor én agter 80% bereik, sal die sterftesyf­er met 30% afneem. WegSleep sê: Dis maklik om vinger te wys as iemand op die pad jou kwaad maak, maar vee eers voor jou eie deur (en hoop ander motoriste doen dieselfde). Bronne: Discovery Insure, die Padverkeer­bestuurder­korporasie en die nasionale departemen­t van vervoer.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa