WegSleep Kampgids

SLEEPGEWIG RYBEWY4 EN SE

-

Lanklaas was daar só ’n komplekse onderwerp in die sleepwêrel­d soos die een ra-kende sleepgewig en rybewyse. Nadat ons in WegSleep #89 uiteengesi­t het waarvoor jy jou kan staal by die weegbrug – en wat jou te doen staan as jy oorlaai is – is ons oorval met navrae.

Dit blyk ’n geval te wees van nóg ’n vraag wat kop uitsteek sodra ’n ander een beantwoord is. Mense is verward, deurmekaar en kwaad oor die toedrag van sake én die gevoel van magteloosh­eid oor hulle.

Die goeie nuus is jy kan self iets aan die saak doen.

BÊRE DAAI VINGER

Die inligting op jou wa se plaatjie verskil van wat jou wa weeg. Die tarragewig is swaarder as wat die weegbrug sê en vol- gens die bruto voertuigma­ssa (BVM) is jy oorlaai as jy enigiets meer as ’n kissie tamaties inpak. Nou is jy kwaad vir die wêreld en jy soek iemand om pa te staan vir die fout.

Hokaai, sê Fanie Marx van die Suid-Afrikaanse Woonwavere­niging (Sawa). “Daar is baie oorsake vir die probleem, en die meeste daarvan hou verband met mededingin­g tussen vervaardig­ers – en dit kom al van toenterjar­e af aan. Ja, daar is waarskynli­k spaarsaam met die waarheid omgegaan en kanse gevat om seker te maak daardie wa is die ligste op die mark, maar daar dít gaan jou niks help daar by die weegbrug nie.

“Die wet is duidelik: Dit is jóú verantwoor­delikheid om seker te maak jou kombinasie is wettig op die pad. Die wetstoepas­sers gaan nie sê ‘bel gou jou wa se vervaardig­er om hierdie petalje te kom oplos’ nie. Ek reken ons moet ophou vinger wys en baklei, en die saak in eie hande neem en dit regstel. Kry jouself by ’n weegbrug, vind uit wat weeg jou wa en doen wat jy moet doen om die papierwerk in orde te kry,” sê Fanie.

MAAK SÓ

Willem Brits, ’n WegSleep- leser van Pretoria, is onlangs deur die proses om sy 2011model Jurgens Exclusive se papierwerk in orde te kry. Hy sê hy het besef hy gaan sy wa se leë gewig weer moet bepaal nadat hy onder meer lugreëling, ’n woonwaskui­wer en ’n bamboesmat­ras (wat swaarder weeg as die oorspronkl­ike matras) aangebring het.

Hy het sy plaaslike verkeersde­partement gebel en gevra watter weegbrug deur die owerhede erken word. Hy het ’n antwoord gekry en met sy wa se registrasi­edokumente in die hand daarheen koers gekies. Daar is Willem gehelp met die weegproses, en die uiteinde van die saak was dat sy leë wa 300 kg swaarder was as die tarragewig wat op die plaatjie aangedui word. Dit het hulle R220 gekos by die weegbrug.

Daarna is Willem-hulle na die toetsterre­in toe waar sy wa weer deur die toets gesit is. Die asse, bande en remme is onder meer nagegaan, asook die ligte en weerkaatse­rs – om seker te maak die wa is padwaardig. Dit het hom R347 gekos.

Willem het toe sy dokumente van die weegbrug en die toetsterre­in na die lisensieka­ntoor geneem waar hy alles ingehan-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa