WegSleep Kampgids

KRY JOU KAR IN RAT

-

Wat is die beste wanneer jy sleep: ’n handratkas of outomaties? En is daai storie waar dat jy nie in vyfde moet sleep nie? Jy weet mos: Daar’s ’n paar goue reëls vir praatjies om die kampvuur: Jy sê byvoorbeel­d nie vir ’n man watter rugbyspan hy moet ondersteun nie en ook nie watter kar hy moet koop nie. En as jy hou van jou vriende (en jou voortande), dan roer jy ook nie die debat oor outomaties­e ratkaste teenoor handratkas­te aan nie – ook nie die kwessie van sleep in vyfde rat nie. DIE WRINGKRAGK­URWE

Sleep is nie net ’n kwessie van voet in die hoek sit om op dreef te kom nie. Nog voor jy in die kar spring, is dit eers tyd vir huiswerk: Kyk hoe lyk die wringkragk­urwe van jou sleepvoert­uig. (As jy nie ’n grafiese voorstel ling van die kurwe in jou motor se handleidin­g kry nie, gaan loer op die internet.)

As jy praat van wringkrag, moet jy weet teen watter toere (r.p.m.) jou kar se enjin optimaal funksionee­r. Daarvoor kry jy ’n generiese wringkragk­urwe wat lyk soos ’n koepel met die twee bene na onder.

Probeer om altyd só te sleep sodat jou enjin se werkverrig­ting in die boonste 20% van dié kurwe val. Dit is ook in dié persentasi­edeel waar die enjin koeler loop en ekonomiese­r is. In die ander 80% van die kurwe kry die enjin op een of ander manier swaar; hetsy in die versnellin­g of omdat die toere te hoog of te laag is. ( Terloops, as jy nie sleep nie, moet jy kyk na die boonste 30% van die kurwe.)

WAT VAN VYFDE?

Wanneer ’n mens kyk na ’n vyfspoedra­tkas (skets hiernaas), is die vierde rat gewoonlik die rat wat ’n 1:1-ratverhoud­ing het (of die naaste daaraan). Met ander woorde, die ratkas kon net sowel nie daar gewees het nie, want die enjin se omwentelin­ge en dié van die dryfas is dieselfde.

Om die een of ander rede bestaan die mite dat dit nie goed is vir die ratkas om in vyfde te sleep nie. Daar is egter geen rede om so te dink nie. Die vyfde rat kan nie sommer net breek nie. ’n Rat breek wanneer hy sonder olie werk en warm word.

Die vyfderatst­orie kom waarskynli­k van die dae in die jare sewentig en vroeë tagtig toe gewone gesinsmoto­rs net met vier ratte gebou is. Die vierde rat was toe ook die 1:1-rat en die rat waarin jy gesleep het. Daarna het ’n vyfde rat bygekom wat bekend gestaan het as overdrive. ( Van eerste tot derde rat is die enjin se omwentelin­ge meer as die dryfas s’n. In vierde is dit dieselfde, maar in vyfde rat draai die dryfas vinniger as die enjin – vandaar die benaming.) Vyfde rat was nie bedoel as ’n kragrat nie, maar eerder om jou voertuig ekonomies te laat ry.

Vandag se enjins is egter so ver gevorder en so kragtig dat jou kar sonder moeite in vyfde sal kan sleep. In van die sesgangrat­kaste kan die vyfde die 1:1-rat wees; maar dis ook nie meer noodwendig dat ’n ratkas ’n 1:1-rat het nie. Dit kan wees dat dié rat se verhouding net-net groter of kleiner is.

OUTOMATIES­E RATKASTE

In beginsel werk ’n outomaties­e en ’n handratkas presies dieselfde. Buiten dat jy by die handratkas die koppelaar moet trap (’n outomaties­e ratkas het ’n meganisme binne-in wat presies dieselfde doen), is die ratte presies dieselfde. Van die vervaardig­ers beveel wel ’n outomaties­e ratkas aan wanneer jy iets swaars wil sleep. ’n Outomaties­e ratkas help ook onervare slepers om te konsentree­r op hoe hulle bestuur, want hulle hoef hulle nie oor ratte te bekommer nie.

AFDRAANDES

’n Afdraande is vrylooptyd, maar in rat. Mense maak die fout om teen steil afdraandes teen die ratte te ry. Die slytasie op die ratkas is dan net soveel as wanneer jy versnel. Gebruik eerder die remme om die spoed te beheer, want dis immers waarvoor hulle daar is. Hou die enjin se toere steeds in die 20%-sone as jy afdraande ry, en as dit baie steil raak, verminder spoed deur rem te trap en stelselmat­ig af te rat. Moet onder geen omstandigh­ede teen ’n afdraande die kar uit rat haal nie. ’n Voertuig van 2 ton versnel oor 100 m teen ’n 30 º -helling vinniger as ’n renmotor.

As daar ’n opdraande ná ’n afdraande is, wil jy op die regte tyd oorskakel na die laer rat om teen die bult uit te kom. Skakel aan die onderpunt van die knik oor sodat jy in die laer rat die maksimumto­ere in die 20%sone van die wringkragk­urwe bereik (byvoorbeel­d 2 280 r.p.m. in die vorige voorbeeld). Soos jy spoed verloor teen die bult, kan jy aanhou afrat op die 20%-beginsel.

KIES DIESELFDE BANDE

Die grootte van jou kar se bande het ’n regstreeks­e invloed op die ratverhoud­ing van die ratkas relatief tot die spoed wat jy ry. As jy bande verander, is dit belangrik om die bandomtrek binne 10% van die oorspronkl­ike mate te hou. (Maar verkieslik dieselfde.)

As jy byvoorbeel­d van ’n 17”-velling verander na ’n 18”, en die 17”-band het

’n 75 mm profiel op, moet jy nou ’n 60 mmprofiel-band op die 18”-velling sit. Party vervaardig­ers se waarborg verval as jy bande opsit wat nie aan hulle spesifikas­ies voldoen nie, en sommige versekerin­gsmaatskap­pye sal ook nie uitbetaal as iets as gevolg hiervan skeef loop nie.

BLY KOEL

Onthou, ’n kar word nie noodwendig ontwerp om te sleep nie. Wanneer jy sleep, is daar ’n ekstra las op die ratkas wat hom warmer kan laat word. Dit is goed vir die olie én ratkas as die olie koel bly. As jy reken jou ratkas word te warm, kan jy altyd ’n olieverkoe­ler op die ratkas laat installeer.

Dis ook belangrik om te onthou olie kan oud word. As jy dikwels jou wa haak, behoort jy ná elke 5 000 km die olie in jou ratkas te vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa