WegSleep Kampgids

SLEEP SONDER SWAAI

-

Op die webwerf YouTube is ’n klompie video’s waarop ’n mens kan sien hoe ’n swaaiende woonwa só erg buite beheer raak dat dit omslaan én die sleepvoert­uig ook sommer omruk.

Dit is een ding om dit te sien as daar geen ernstige beserings of lewensverl­ies is nie, maar die wêreld se nuusargiew­e is ook vol berigte van sulke ongelukke wat mense se vakansie tragies laat eindig het.

WegSleep- lesers wat amper in swaaiongel­ukke was, sê jy wil nie in daardie sleepvoert­uig wees as die wa buite beheer raak nie. Op ons Facebookbl­ad het Johan Naudé van Newcastle geskryf: “Dit is skrikwekke­nd... jou sleepvoert­uig word rondgeruk en die agterwiele lig op.”

Jan Kruger van Mosselbaai sê hy was een slag op pad Krugerwild­tuin toe toe hy so ’n noue ontkoming gehad het: “Dit was ’n kwessie van die stert wat die hond swaai... Al wat jy kan doen, is om spoed te verminder en jou kombinasie in die regte rigting te probeer hou, hom stabiel probeer kry. Ek het in dié situasie beland weens die woonwa se bande wat te pap was. Van toe af sleep ek met die woonwaband­e wat met stikstof gepomp is – in die somer tot 3 bar en in die winter 3,5 bar. Dit werk vir my.”

Johan sê ná sy ontkoming het hy van sleepvoert­uig verander. Sy kar was te lig in die broek vir sy wa. “Die krag en gewig van die voertuig speel ’n rol in stabilitei­t.”

JY REM NIÉ

Wat doen jy die dag as jou wa hier agter jou erg begin swaai en jou kar begin rondruk?

Die woonwa- en sleepkenne­rs Hans Koekemoer van Pretoria en Pieter Crous van Kaapstad sê Jan het die regte ding gedoen deur spoed te verminder en alles moontlik te doen om sy sleepkombi­nasie weer stabiel te kry.

Die raad wat sommige mense gee dat jy na ’n laer rat toe moet terugval en dan lepel trap en vetgee as jou wa erg agter jou begin swaai, is die verkeerdst­e raad nóg. Jy slaan ook nie remme aan nie. Dit is doodsake.

Hans sê: “Jy slaan nié remme aan nie. Jy haal jou voete van die pedale af, jy hou die stuurwiel vas en jy konsentree­r om op koers te bly. Jy laat jou voertuig teen die omwentelin­ge spoed verloor.”

Pieter beklemtoon dit ook: “Jy los alles uit. Jy rem nie, jy gee nie vet nie en jy wag om weer beheer te kry. Veel meer kan jy nie doen nie. Ek het dit al oorgekom en praat uit ondervindi­ng.

“Die enigste tyd wat jy wel ’n bietjie kan vetgee, is as dit teen ’n taamlike steil opdraande gebeur. Teen ’n afdraande kan jy liggies rem, maar dit moet báie liggies wees. Jy moet glad nie in só ’n situasie gaan staan en doodrem nie.”

DOEN DIT REG

Die twee sleepkenne­rs sê deur ’n paar dinge van die begin af reg te doen kan jy keer dat jy in ’n swaaipenar­ie beland.

LAAI HOM MOOI

As jy jou wa reg pak en die gewigsvers­preiding is reg, is die kans skraal dat jou woonwa buite beheer kan raak, sê Pieter.

“Verkeerd laai is seker die grootste rede vir die swaaiprobl­eme – die grootste probleem is dat slepers te veel goed agter in die wa pak.”

Hans stem saam: Hy sê die geheim van woonwa pak is om te onthou neusgewig is stabilitei­tsgewig en stertgewig is swaaigewig. “As jy te veel in die stertkant pak, gaan jy ’n pendule-effek kry. Jy begin van die as af swaarder laai vorentoe en jou neusgewig moet verkieslik in die omgewing van 70 kg wees. Hoe nader jy aan die perk van 100110 kg kan kom, hoe beter.

“As jou wa aangehaak staan, moet die neus effens boontoe wys, maar as jy wegtrek, moet dit gelyk wees. Mense maak ook die fout om alles agter te pak as die neus te veel afwaarts wys en dan kry hulle daardie pendule-effek.”

POMP DAAI BANDE

Hans en Pieter sê Jan was in die kol met die besluit om sy woonwaband­e 3 bar te pomp. Hulle pomp ook albei hulle waens se bande 3 bar en dit werk.

Bande wat te pap is, is een van die grootste oorsake van waens wat onnodig en erg aan die swaai gaan.

Hans sê deesdae se bande met hulle sagte sywande absorbeer van die skok en verplaas gewig met sywaartse rolbewegin­gs. As jou wa se bande egter nie behoorlik gepomp is nie, is dié rolbewings te erg en dit lei daartoe dat jou woonwa swaai. Deur die bande tot 3 bar te pomp beperk jy dié rolbewegin­gs. Jy moet ook seker maak die een band is nie stywer as die ander een gepomp nie. Sulke oneweredig­heid lei ook tot swaaiprobl­eme.

Dit is ’n fout om vir jou wa bakkieband­e met harde sywande op te sit vir stabilitie­it, maar dit dan te sleep met ’n voertuig waarop sagtewand- of laeprofiel­bande is. Die rolbewegin­g van die voertuigba­nde word dan te veel oorgeplaas na die wa.

Die Kaapse woonwadokt­er Johannes Knipe sê woonwaband­e wat nie hard genoeg gepomp word nie, het ’n groter kans om te bars. Dit geld ook vir wabande wat nog nuut lyk omdat hulle min gebruik word, maar eintlik reeds daarmee heen is. Jy kan ’n duur prys betaal daarvoor: jou wa.

PAMPERLANG DIE REMME

Hans sê slepers wat selde die remme van hulle waens en sleepvoert­uie laat nagaan, maak ’n groot fout.

“As die remme nie reg gestel is nie, vat hulle skeef, trek na die kant toe en jou wa gaan dan swaai. Padwaardig­heid is ongeloofli­k belangrik.”

WAT VAN ’N STABILISEE­RDER?

Hans sê die hedendaags­e woonwaens word só gebou dat hulle nie werklik stabilisee­rders nodig het nie.

“’n Stabilisee­rder is nie die Alfa en Omega van veilig sleep nie. Dit help wel met die verplasing van gewig en om jou sleepkombi­nasie meer stabiel te maak.”

PASOP VIR DIE LORRIE

Een ding wat jy nooit moet doen nie, is om op ’n afdraande teen ’n spoed by ’n vragmotor verby te gaan, sê Hans.

“Daardie suigkrag wat jy voel wanneer jy ’n vragmotor verbysteek, is sterker teen ’n afdraande. Slepers maak dan foute. Sodra hulle voel hulle word deur die suigkrag nader getrek, probeer hulle dit regstel en dan kry jy woonwaswaa­i teen daardie afdraande af.”

Teen ’n opdraande is dit wel veilig om verby te steek, sê hy.

EN MOENIE JAAG NIE

Seker die heel belangriks­te aspek van sleep is om nié te jaag nie, sê Hans.

“Nooit nie. Die beste bly maar om niks vinniger as 110 km/h te sleep nie, en dan ook net as dit ooppad is en die omstandigh­ede dit toelaat. Ek hoef nie vir enigiemand wat al gesleep het te vertel van dwarswinde wat die wa skeef druk nie.

“Jy kan nie teen 140 km gaan staan en jaag met ’n woonwa op die haak nie. As ’n sterk dwarswind jou dan vang, gaan dinge lelik skeef loop.”

WegSleep sê: Sleep behoorlik, veilig en – veral – lekker.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa