WegSleep Kampgids

4 TRUSPIEËLS

-

Die gebruik van truspieëls is so deel van sleep as wat sonskyn van ’n seevakansi­e is. Dié manier van terugkyk speel ’n belangrike­r rol as wat dit op die oog af lyk. In jou dienspligd­ae het jy geleer om voor jou te kyk, want “die army sal agter jou kyk”, maar as jy ’n ton agter jou sleep teen enige spoed, is dit beter om die heeltyd self te weet wat voor én agter jou aangaan. As jy deesdae die K53-toets aflê, moet jy bontstaan en omtrent ná elke tweede bestuursbe­weging die spieëls dophou. Met ’n groot woonwa of sleepding is jou truspieëlt­jie so te sê nutteloos, en jou syspieëls van min waarde sonder sleepspieë­ls.

DIS ’N MOET

Nuwe voertuie vandag moet aan ’n spesifieke standaard van die SABS voldoen as dit kom by truspieëls – en dit geld vir die binne- én buitespieë­ls. Die standaard is nie spesifiek ten opsigte van die grootte van die spieël nie; dit word ’n taamlik tegniese punt aangesien dit eerder gaan oor wat jy na agter kan sien.

Ook belangrik is die mate van verwronge beeld wat ’n truspieël kan veroorsaak; die truspieël moenie die prentjie totaal verander nie. Ons weet egter op sommige spieëls staan duidelik geskryf voorwerpe kan óf nader óf verder vertoon as wat dit werklik is.

Vandag se spieëls vat dit ’n stappie verder en wys vir jou ’n deel wat nie normaalweg in beeld is nie – die sogenaamde blindekols­pieël.

WAT LEER DIE KINDERS?

Die K53-toets behels tientalle “waarneming­s” waarin jy die truspieëls die heeltyd moet dophou. Die voorskrif is dat jy die truspieëls verstel voor jy wegtrek. As jy eers aan die gang is, moet jy elke vyf tot agt sekondes in die spieëls kyk.

En dan moet jy in die meeste situasies op die pad heel eerste in jou truspieëls kyk voor jy die volgende aksie uitvoer – soos wanneer jy afrat, stilhou in verkeer, parkeer of deur ’n kruising ry. Spieëlwerk is dus ’n belangrike deel van bestuur.

As jy argumentso­nthalwe vir ‘n uur lank

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa