WegSleep Kampgids

SLEEPSPOED EN AFSTAND

-

SCENARIO 1 – ’N NOODSTOP OP ’N GELYK STUK TEERPAD

Bietjies-bietjies rem trap en versigtig afrat is sekerlik die veiligste manier om ’n sleepkombi­nasie tot stilstand te bring. Dit keer dat die wa knipmes. Maar wanneer daar skielik ’n koedoe voor jou inspring, of daardie lorrie wat jou pas verbygeste­ek het, verloor sy vrag, is daar geen ander raad nie as om ankers te gooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa