WegSleep Kampgids

AS JY DIE DRAAD VERLOOR...

-

Buiten ekstra gloeilampi­es, splitpenne, koeëllaers en smeltdrade is dit ’n goeie idee om ’n ekstra ligteprop in jou gereedskap­stas saam te ry.

As jy gelukkig is, breek net die prop se omhulsel, maar soms moet jy die hele lot vervang. Die prop se gleuf sit by 4 , terwyl 1 altyd aan die bokant is. Aan die agterkant van die prop is die kontakpunt­e só genommer. Ongelukkig kry ’n mens verskillen­de sewedraadk­abels, en nie almal het dieselfde kleure nie. Hierdie is dus ’n algemene riglyn.

1 geel vir linkerflik­ker

2 blou vir krag na yskas of om die battery te laai van die voertuig af wit (soms pienk) vir aard 3 4 5 6 7 groen (soms pers) vir regterflik­ker bruin vir agterligte (in ouer woonwaens die regteragte­rlig*) rooi (of oranje) vir remligte swart vir agterligte * In ouer woonwaens word 4 en 7 gewoonlik gebrug, en 7 word dan vir die ander agterlig gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa