WegSleep Kampgids

KOM SPEEL STU7 ’N SLAG T!

-

In die meeste sleepgoed is stutte ’n algemene onderdeel. Party hou die neuskasdeu­r oop, sommige lig die bed se basis op sodat jy by die pakplek daaronder kan uitkom, en ander help weer om ’n daktent oop te vou. Dan is daar ook dié wat help om jou wa se opwipdak te lig en op sy plek te hou.

Soos met die meeste onderdele op jou woonwa gaan die gasstutte ook die een of ander tyd aandag kort. Die stutte is eintlik silindries­e kapsules met sowat 100 bar druk binne-in – dit is sowat 50 keer die druk van jou voertuig se bande.

Maar die stutte kan mettertyd hulle fut verloor. As die opwipdak op ’n dag nie meer maklik lig nie, is dit moontlik dat die stutte besig is om die gees te gee. Gelukkig kan jy die gasstutte dan self vervang.

WAAR BEGIN JY?

Die opwipdak van jou woonwa rus op vier gasstutte – twee aan elke kant. Om dit te vervang moet jy die voor- en agterkant van die dak afsonderli­k diens. (Dit maak ook nie sin om net een of twee te vervang nie – terwyl jy die moeite en tyd opsy sit, vervang eerder al vier die gastutte.)

Hou die volgende byderhand

minstens een ekstra mens om hand by te sit nuwe gasstutte twee 5 ℓ-verfblikke – of houers van min of meer dieselfde hoogte ongeveer 6 m middelslag-tou (afhangende van die lengte van die woowa se romp) skroewedra­aier

Dís wat voorlê

lig die dak en laat rus op die 5 ℓ-blikke die opwipdak se seil moet uit die twee dakknippe binne moet los die ou gasstutte moet uit en die nuwes in die seil moet weer terug

OPERASIE GASSTUT 1 Lig

die opwipdak en sit by twee teenoorsta­ande hoeke skuins oormekaar ’n 5 ℓ-blik op die dak en skuif dit halfpad onder die rand van die opwipdak in. (As jy ’n belt-enkruisban­de-soort ou is, kan jy op elke hoek ’n blik sit, maar twee oorkruis is voldoende.)

die handvatsel­s van die dakknippe na mekaar toe met ’n tou wat jy tussen hulle vastrek totdat die gasstutte besgee en die dak op die blikke rus. Die gedagte is om die spanning op die dakseil tussen die opwipdak en die woonwa te verslap sodat jy dit kan uittrek. 1

waar die dakseil las en trek die klitsrits én die ritssluite­r onder die lasplek oop. 2

en kyk waar die opening in die aluminiumg­leuf sit waar die seil moet uitgly – dié gleuf is amper soos die een waarin die stoeptent ryg om dit teen die woonwa vas te kry wanneer jy opslaan. Die gleufopeni­ng sit iewers op ’n hoek (op die meeste woonwaens), en selde in die middel (lengtegewy­s) van die dak. Die dakseil van waens wat voor 1990 gebou is, is met ’n paar skroewe en ’n plat aluminiums­trook vas. Skroef dus net die strook los.

die seil in die rigting van die opening en ryg dit uit. 3 Dis makliker as iemand jou hiermee help. Terwyl een ou die seil by die opening uittrek, kan die ander een terselfder­tyd help trek aan die seil, in dieselfde rig-

2 Trek 3 Kyk 4 Voel 5 Trek

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa