WegSleep Kampgids

VEILIGHEID­SHALWE

-

Ons gaan kamp om ’n bietjie te ontsnap van die werklikhed­e van ons alledaagse bestaan. Om net vir ’n paar dae waardevoll­e tyd saam met ons geliefdes deur te bring en terselfdet­yd sommer ook van die mooiste dele van ons land te ervaar. En ja, al is jy supertrots op jou blinknuwe boswa, weet ons almal dit is nie jou kosbaarste besitting nie. Daardie eer (hoop ons) is jou gesin beskore. Maar hoe beskerm jy hulle – veral die kinders – wanneer julle gaan kamp? Ons het met ons lesers, vakansieoo­rde en ander kenners gesels en dié tien wenke gekry om jou geliefdes en kinders veilig en uit die moeilikhei­d te hou.

1 AS DIT DONKER RAAK, IS JY TERUG BY DIE WA

Dit blyk die goue reël te wees. Dis lekker om te weet jou kinders geniet hulle vakansie in ’n beskermde omgewing, maar teen die tyd dat die son sak, is almal terug by die kamp.

2 WAAR SKUIL GEVAAR?

Stap deur die kampplek en soek moontlike gevare soos onveilige kragpunte, slange, skerpioene, spinnekopp­e en ander ongedierte­s. Bring dit onder jou kinders se aandag. As dit iets is wat deur die oordbestuu­r reggestel kan word, meld dit dadelik aan.

3 DIE ROOIKRUIS

Moet nooit sonder ’n basiese noodhulpki­ssie gaan kamp nie. Dit is só voor die hand liggend dat ons dit amper nie hier hoef te noem nie. Maak seker geen van die pille,

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa