WegSleep Kampgids

Help ’n bietjie daar

- REDAKTEUR schalk.jonker@media24.com

Ek en my kollegas is reisjoerna­liste. Nié reisagente nie. Ons het egter ’n effense idee hoe dit moet voel om laasgenoem­de te wees, want daar beland weekliks tientalle e-posse by ons wat almal min of meer dieselfde strekking het: “Waar kan ons gaan kamp naby (bestemming) waar dit netjies is met ’n warmwaters­wembad en skoon badkamers? Dit moet ’n lekker plek wees en die pad moet mooi wees en hoeveel kos dit en watter nommer moet ons bel en is daar mense wat ons kan help met die tent?” (sic)

Dis nie dat ons onwillig is om te help nie, maar dit is nogal ’n tydrowende besigheid en dan moet ons boonop raai oor wat jou idee van ’n “lekker” plek is.

Die 2018-weergawe van ons immergewil­de Oordgids maak dus die lewe vir ons almal makliker. Vanjaar het ons besluit om 100 kampplekke reg oor SuidAfrika te kies om jou te help besluit waar jy volgende gaan kamp. Of dit nou vir Paasnaweek, die wintervaka­nsie, ’n vinnige wegbreekna­week of ’n oornagplek langs die pad is, tussen dié uitgesoekt­e oorde behoort jy geholpe te raak, waarheen jy ook al op pad is.

Onthou, die Oordgids is nie ’n ranglys nie... nommer 24 is nie noodwendig beter as nommer 25 nie. Dit is bloot ’n lys van 100 oorde versprei oor al nege provinsies wat ons beïndruk het toe ons oor die laaste klompie jare daar gekamp het. Dit wissel van supergesin­soorde met waterwurms, trampolien­s, minigholfb­ane en vakansieve­rmaak tot stil wegkruippl­ekkies en alles tussenin.

By elke oord vertel ons jou hoe dit lyk, wat daar is, waar dit is en hoeveel dit kos asook die kontakbeso­nderhede vir wanneer jy wil bespreek. Nou kan jy jou jaar behoorlik beplan en nie wonder oor wat op jou wag by jou volgende kampbestem­ming nie.

Veilige reis!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa