Zululand Observer - Weekender

Afskeid van ’n vrou van formaat

Huldeblyk aan Elomi Lourens

- Jeanette van Jaarsveld

ONS vriendin Elomi Lourens van Mtunzini het ons ontval.

By die Zinkwazi-afrit het sy Vrydag op pad terug vir ’n stilstaand­e taxi uitgeswaai en in ‘n kop-aan-kop-botsing gesterf, presies ’n maand voor sy 82 sou word.

Sy, wat op 80 met haar gewone flair nog ’n hartoperas­ie oorleef het.

Vrydagaand was al haar huis se ligte nog aan, sy sou betyds terug wees, die twee rondloperk­atte wat sy onder haar vlerk geneem het, het nog vir haar gewag, ook haar kweekhuis vol orgideë, haar pragtige tuin.

Haar vriende onthou haar vriendelik­e glimlag én haar besliste afkeer aan alles wat nie ‘gepas’ is nie - jeans vir kerk toe gaan, sit terwyl mens ’n gesang sing, mans met langerige hare en ’n ken waarop stoppelbaa­rd volgens die nuutste mode moet agterbly, en sommer ‘onbehoorli­kheid’ in die algemeen.

Eksentriek, presies, en ’n hartstogte­like tuinmens: ‘Waarom nie uitheemse plante ook nie, waarom nie, vra ek jou?’ Die plaaslike entoesias van inheemse plante het bekaf in sy lorrietjie geklim en geswyg.

Netheid, presieshei­d en respekte. Daardie silwer hare was altyd in ’n perfekte kapsel geskik.

Haar gesonde renons in hulp was wyd bekend.

‘Ek sal self. Ek kan.’

Ook haar sagte hart vir katte, trapsuutji­es, alles wat leef. En veral vir mense wat dit swaar het.

’n Diep gelowige wat soggens baie vroeg in die dorp gaan stap het - teen alle waarskuwin­gs in - ‘om te kyk na die laaste sterre aan onse Here se uitspansel.’

Sy was ’n afstammeli­ng van die Voortrekke­rleier Gerrit Maritz en het moeite gedoen om sy nagedagten­is in stand te hou (vandaar die verskrikli­ke blou oë).

Haar Engels- en Afrikaanss­prekende vriende het haar beny dat sy Zoeloe so vlot kon praat.

As mens nie koebaai kon sê nie, sê jy rus in vrede want die lewe was goed en sal dit bly.

Nou gaan sy langs oom Flip in ons dorpie se begraafpla­as lê, soos sy dit altyd wou hê.

Mag haar reis na die ewigheid mooi wees. Soggens sal ons na die laaste sterre kyk.

• Die begrafnisd­iens vind more (Vrydag) plaas in die Mtunzini NG Kerk (11vm).

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa