Zululand Observer - Weekender

Heilige Week

-

AS kerk praat ons van die week tussen Palmsondag en Opstanding­sondag, as die Heilige week.

Dink ‘n bietjie daaroor. Hoe kan minute, ure en dae heilig wees?

Ons verwys na heilige mense as 'heiliges' en na 'n heilige plek as ‘n 'heiligdom'.

Die eerste en enigste keer wat die woord 'heilig' gebruik word in Genesis is in Gen 2:3 'EN God het toe die dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al Sy werk wat God geskape het deur dit te maak.'

Dis interessan­t dat die eerste deel van die skepping wat 'heilig' genoem is nie mense of 'n plek was nie, maar tyd.

God het die sewende dag heilig gemaak, en alhoewel dit nie die Sabbat genoem word in Gen 2 nie, is die werkwoord vir 'gerus' waar ons die naamwoord Sabbat kry (in Hebreeus, Shabbat).

God het dus van die begin af 'tyd' in Sy heiligheid ingetrek, sodat dit uniek aan Hom en Sy mense kan behoort.

'Heilige week' (Palmsondag tot Opstanding­sondag) behoort uniek aan die Heilige God, ons Verlosser en Redder, Jesus Christus.

Jesus se hele lewe, was vir ons en ons redding.

Al hierdie reddingsak­sies het 'n hoogtepunt bereik tydens die Heilige Week.

Hy het op 'n donkie ingery as die Messias, die Seun van Dawid. (Joh 12:15)

Hy het op Donderdag die Pasga (Lev 23:5) met Sy nagmaal vervul.

Hy het die 'Dag van Versoening' op Goeie Vrydag vervul.

Op Saterdag Sy Sabbatsrus in die graf geniet.

Hy het Sondag, liggaamlik en triomfankl­ik OPGESTAAN uit die dood.

Hy het dit alles vir ons gedoen. Sodat ons reverdig, gered en verlos voor God kan staan, as Sy kinders.

Wil jy nie gedurende hierdie Heilige dae, nadink oor wie Jesus is en wat Hy vir jou gedoen het nie.

Kom ons dank Hom vir Sy gawes wat Hy aanhou om aan ons, Sy liggaam, die Kerk te gee.

Mag die Here jou seën.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in English

Newspapers from South Africa