Zululand Observer - Weekender

Die betekenis van Paasfees!

-

Pasga, of 'Pesach' in Hebreeus, is een van die Joodse godsdiens se heiligste en wydverspre­ide vakansieda­e. In Judaïsme herdenk Pasga die verhaal van die Israeliete se vertrek uit antieke Egipte, ‘n merkwaardi­ge verhaal waarvan ons lees in Eksodus.

Die Jode vier die weeklange fees met 'n aantal rituele, insluitend die slag van ‘n lam, ‘n tradisione­le Paasmaalty­d bekend as 'n seder, die verwyderin­g van suurdeegpr­odukte uit hul huise en die oorvertell­ing van die uittogverh­aal.

Wanneer die farao weier om die volk te laat trek, ontketen God 10 plae op die Egiptenare, wat uitloop op die doodmaak van elke eersgebore seun deur 'n wrekende engel. Die Israeliete merk egter die deurkosyne van hulle huise met lamsbloed sodat die doodsengel elke Joodse huishoudin­g sal herken en 'oorgaan' (passover).

Jesus neem deel aan hierdie Joodse viering in Lukas 22 deur om op die eerste dag van die paasfees opdrag te gee aan sy dissipels om die paaslammet­jie te slag en die paasete voor te berei.

Teen sononder het die paasmaalty­d begin. Jesus en al 12 apostels was daar. Met die eet van die brood en die drink van die wyn stel Jesus vir sy volgelinge ‘n nuwe feesvierin­g in met die woorde: “Dit is my liggaam. Dink elke keer aan My as julle saam hierdie brood breek en eet. Onthou dan dat Ek my lewe vir julle opgeoffer het.”

Lukas 22:19.

So word die antieke gebeurteni­s in Egipte met die bloed aan die deurkosyne ‘n heenwyse na die werklike lam van God wat geslag word en die 'oorgaan' (passover) in ons lewe word.

Net soos die Israeliete die doodsengel vryspring, so spring ons as gelowiges nou ook die ewige dood en staf mis.

Hierdie is werklik die grootste gebeurteni­s in die bestaan van die mensdom en waardig om gevier te word.

Kom ons vier

Paasfees saam met ‘n diep bewustheid aan wat

Jesus vir ons gedoen het met sy kruisdood.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa