go! Namibia

PERDKYK-ETIKET 101

-

Moenie voer nie. Nee, nie eens ’n appel nie. Die perde het genoeg kos en enige happies wat mense hulle voer, kan hulle gedrag en spysverter­ing sleg beïnvloed.

Moenie nader gaan nie. Stop by die uitkykpunt, moenie met jou 4x4 verder na die watergat ry nie. Moet ook nie na die watergat stap nie. Dit kan ’n probleem veroorsaak as jy tussen ’n merrie en ’n vul beweeg en die vul isoleer. Jy wil ook nie in die pad wees wanneer hingste met mekaar slaags raak nie.

Moenie vat nie. Dis nie ’n nie; moet liefs nie die perde aanraak nie. As ’n perd na jou toe stap, is dit in orde, want dan soek hy of sy self toenaderin­g.

 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia