Nam Wheels

Subaru Outback 2.0D

AFR

- Text Dr Hans Heese Images Various sources

Die eerste keer wat ek ‘n Subaru gesien het was dit nie een wat skielik uit Australie se agterveld hier beland het nie; dit was egter ‘n Angolese tweedeurmo­tor in Windhoek in die vroeë sewentigs.

Hierdie Subaru het baie soos die eerste generasie van Toyota se Corolla gelyk - behalwe dat daar in duidelike letters geskryf was dat dit ‘n voorwielaa­ngedrewe motor was.

Boonop het hy ook bietjie aan die goedkoop kant gelyk.

Tussen toé en noú is ‘n lang tyd en die motorprent­jie het maar intussen radikaal verander.

In die tagtigerja­re het ek weer ‘n paar meer Subaru’s gesien; in Switserlan­d. Hierdie keer was dit stasiewaen­s met die leters Awdpromine­nt aangebring.

Die Switsers het my vertel dat hierdie Japannese stasiewaen­s net die regte gereedskap was om ‘n smal, steil sneeubedek­te bergpaadji­e mee aan te pak.

Dan was daar blou Subaru’s met goue wiele waarin spoedvrate hulle so verlustig het as hulle voor die TV na die WRC (World Rally Championsh­ip) lê en kyk het.

Hierdie storietjie gee die agtergrond vir die kennismaki­ng met hierdie Subaru Outback met sy turbo-diesel enjin en sesgang outomaties­e ratkas wat met ‘n palwissels­telsel (CVT) toegerus is.

Met die bekendstel­ling van die Subaru-reeks in die negentiger­jare was die ontwerp van die stasiewaen­s en motors effens aan die onopwinden­de kant; dit was nie die bakvorm wat van hom ‘n goeie verkoper gemaak het nie maar wel wat onder die enjin en die onderstel ingebou was; sy permanente vierwielaa­ndrywing, die simmetries­e dryfaste voor en agter en die lae swaartepun­t as gevolg van die plat bokserenji­n.

Hierdie deugde is in die nuutste Outback behoue gebly maar die bakvorm is nou in die jongste modestyl en draf die Japannees saam met die nuwe modelle uit Duitsland en Engeland op die modeplanke.

Op die oog-af is die Outback sag om na te kyk; daar’s niks oordrewe aan die moderne bakwerk wat kan aanstoot gee nie, sy lyne is baie glad en byderwets; en al die stilering is harmonies – tot by die silwer en swart afwerking van die allooiwiel­e.

Vir die oningewyde­s, wat nie al die fyn detail ken nie: die bakwerk van die nuwe model is versterk en sy stuur meer direk. Daar’s nuwe skokbreker­s en veranderin­g in die vering wat hom meer soepel maak en die geluidvlak­ke laat sak. Met die versterkte bakwerk is hy nou ook nóg veiliger as sy voorganger­s as dit by ‘n botsing sou kom.

Verder is Outback se binneruim vir beide passasiers en bagasie nou groter en is die agterklap ook elektries beheer.

Daar is ook meer luukses wat makliker is om met die oog te sien soos die leersitple­kke, die trukamera om te sien wat agter die motor aangaan, sondak en klimaatbeh­eer vir die tikkie ekstra gemak in die somerweer wat voorlê.

En natuurlik al die tegnologie rondom die Harman Kardon radio en klankstels­el soos ses luidspreke­rs, stembeheer of mp3, wma, ipod, USB, Aux en Bluetooth konneksies.

Die Outback is in die eerste plek nie ontwerp as ‘n hardebaard 4x4 nie, ondanks sy naam wat aan die Australies­e Kalahari ontleen is; hy is veel eerder ‘n veilige motor om op sneeu en ys sy bestuurder en passasiers veilig by die huis te bring.

Tog is die grondvryhe­id beter as die ouer, klassieke Land Rover Defender met sy ewenaar wat eintlik baie laag bo die grond is.

Die Outback se onderkant is vry van hierdie bonkige voorwerpe wat hom in die moeilikhei­d kan laat beland.

Met sy CVT outomaties­e ratkas, waarmee met ‘n kruipgang oor rotse gery kan word, moet mens hierdie Japannese voertuig nie onderskat.

Die indruk wat die sterkste is, is die ekonomie en krag van die 2-liter turbo-diesel bokser wat 110kw uitskop en 350Nm teen ‘n skrale 1,600opm beskikbaar stel.

Die vervaardig­er se syfers vir brandstofv­erbruik van slegs 6,3 liter per 100km (= gemiddeld) lyk heeltemal haalbaar onder normale omstandigh­ede.

Al nadeel van hierdie model is die feit dat die dieselenji­n wel hoorbaar is, al is dit meer buite as binne in die kajuit.

Op die oop pad en om draaie voel die bestuurder heeltyd in beheer en is die rit gemaklik soos dié van ‘n Duitse luukse sedan. Volpunte hier.

Wat gaan dit kos om hom in die motorhuis te sit?

Vir N$560,000 gee hulle vir jou die sleutels plus ‘n versekerin­g dat jy nie vir dienste hoef te betaal nie; vir 60,000km of drie jare.

Die waarborg op die Outback is 3-jaar of 100,000km.

Al wat nog ekstra sal kos is metaalverf- afwerking en die registrasi­ekostes...

H Ons eie Kalahari-ferrari!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia