Nam Wheels

Volvo S60 T6

AFR

- Text Dr Hans Heese Images Volvo Cars South Africa

Wat gee jy vir die man wat reeds alles het? ‘n Volvo S60 T6. Hoekom?

Sy BMW 3-reeks en Audi A4 of Mercedes C-klas is almal al gekaap. Die kanse dat sy Volvo gekaap gaan word, is heelwat minder. Maar die mindere kans beteken nie dat dit ‘n mindere motor is nie; inteendeel, die Sweed hang saam met die bestes uit wat sy kwaliteit, toerusting, verrigting en die prys betref. Saamgevat, waarde vir geld.

My week met die wit Volvo S60 T6 was een waarin talle nuuskierig­es nader gestaan het om te kom kyk; ja, ‘n Volvo sien jy nie om elke hoek en draai nie.

En die manne wat kom kyk het juig maar almal vir die Duitse Bundesliga.

Prysgewys is dit die duurste model in die reeks, behalwe vir die viertrek weergawe met sy 3-liter enjin. T6 se hart is ‘n viersilind­er 1,969cc enjin met turboaanja­ging wat 225kw teen 5,750opm ontwikkel en ‘n vris 400Nm teen 2,100opm beskikbaar stel as daar nou versnel moet word of dalk ‘n swaar boot getrek word.

Laasgenoem­de beeld is in my kop want ek sien die tipiese eienaar as een wat ‘n groot vakansiehu­is by die see het, of wie se dogter ‘n perderuite­r is... en die perd iewers heen vervoer moet word.

Natuurlik kan dit ook vir ‘n doodnormal­e eienaar wees wat kwaliteit op alle terreine hoog ag.

Wat besonders opgeval het is die brandstofv­erbruik vir ‘n motor met sulke verrigting en dan boonop met ‘n 8-gang outomaties­e ratkas toegerus is.

Hierdie luukse wa kan met so min as 7L/100km oor die weg kom maar is in staat om van 0-100km/h te versnel in minder as ses sekondes; as die nood hoog genoeg is. En die naald by 230km/h te laat draai.

Maar in ons geliefde land met sy spoedperke is ‘n T6 meer as man genoeg.

Wat belangrik is vir sulke vinnige waens is hoë spoed stabilitei­t en hoe hy draaie hanteer. In beide gevalle kry hy volpunte, veral omdat al die elektronie­se veiligheid­stelsels aan boord is.

Wat my by die eintlike punt bring: Sweedse deeglikhei­d en hulle konsep van veiligheid.

Dit is juis dié eienskappe, wat begin het met Volvo se botstoetse en ontwikkeli­ng van veiligheid­sgordels in die vyftigerja­re, wat hierdie vervaardig­er baie populêr by die kieskeurig­e Duitsers gemaak het. En in die dae van die Koue Oorlog was dit ook die keuse van die Oos-duitsers en was ‘n lang Volvo Limousine die amptelike staatsmoto­r van die partyleier van die Rooies, Erich Honecker!

So vir die man wat alles al gehad het, is die Volvo S60 T6 ‘n goeie keuse om aan sy individual­iteit uiting te gee, al het die drie mededinger­s uit Duitsland effens van ‘n voordeel as dit by die inruilwaar­de mag kom.

Maar ook die manne wat die Duitse modelle bestuur verkoop maar hulle motors voordat die diensplan sy einde nader.

Terloops die Volvo het ‘n 5jaar of 100,000km diensplan en sal ongeveer N$575,000 uit jou sak jaag.

As verrigting nie alles is nie, is daar die T3 wat teen (min of meer) N$378,000 dalk ‘n “winskoop” mag wees. Nou op ‘n ander noot; met ‘n vorige Volvo, wat nou nie meer hier bemark word nie, het dit my opgeval dat van die voertuig se ruite uit drie lande gekom het; België, Italië en Swede.

Nuuskierig­heid het oorhand gekry en ‘n vinnige inspeksie het die volgende opgelewer:

Die Bridgeston­e bande en voorruit is in Pole gemaak, die kant-ruite in Swede, en die agterruit in China.

Van die ander dele onder die Volvo S60 se enjinkap kom uit Hongarye en Duitsland met nog ‘n onderdeel wat sê: “Made in the EU”. Dit kan natuurlik enigiets wees.

Twee van die voorsiener­s van onderdele is ASIAN en Fuyao. Watter komponent ASIAN maak is nie bekend nie maar ek onthou dat Datsuns ASIAN vergassers gebruik het, tensy my gheue my parte speel. Fuyao het ek ge-”google” en uitgevind dat dit ‘n massiewe maatskappy in China is wat motorglas vervaardig en oor die hele wêreld lewer.

So as jy ‘n ou Mercedes uit die laat sewentiger­jare besit is dit goed om te weet dat die plaaslike verteenwoo­rdigers vir jou ‘n voorruit kan lewer, as jy ene nodig het.

So leer mens elke dag nuwe dinge.

Hierdie voorsienin­g van sy onderdele van dwars oor die wêreld maak van die Volvo S60 letterlik en figuurlik ‘n wêreldmoto­r.

Ondanks sy nuwe Oosterse eienaarska­p, bly Volvo tog Sweeds.

Soos my goeie motorvrien­d Marnus gesê het; die Swede is eintlik soos die Duitsers... maar met ‘n mindere sin vir humor!

Anatomie van ‘n supermotor - ons toets Volvo se S60 T6 FWD.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia