Nam Wheels

Peugeot Tydrenmoto­rs

AFR

- Text Dr Hans Heese Images Various sources

Dit was die legendarie­se Peugeot 203 wat in die vyftigerja­re aan hierdie vervaardig­er die reputasie as ‘n kanniedood en baie geharde voertuig vir Afrika-omstandigh­ede gevestig het.

Hierdie reputasie was hoofsaakli­k te danke aan twee Fransmanne, monsieurs Mercier en De Dortanze wat in 1951 met ‘n 203 stasiewa ‘n nuwe rekord geslaan het deur die afstand van Kaapstad na Parys in 17 dae en 9 uur af te lê.

Hierdie tog was onderneem juis toe die eerste Algiers-kaap tydren plaagevind het, ‘n ultramarat­hon waaraan Peugeot ongelukkig nie deelgeneem het nie.

Hulle het in die oggend van 26 Desember 1950 om eenuur uit Kaapstad vertrek op die lang tog na Parys, via die Franssprek­ende WesAfrikaa­nse kolonies en die Sahara. Langs die pad het hulle die Algiersna-kaapstad tydren mededinger­s raakgeloop... wat juis op daardie stadium in die teenoorges­telde rigting op pad was.

Die 203-jaers het basies gedoen wat die Algiers-kaap deelnemers gedoen het want hulle het vanaf Algiers na Marseille gevlieg.

Hulle gemiddelde snelheid van die Kaap na Algiers was egter ‘n goeie gemiddelde van 40 km/h.

Die enigste toerusting wat Mercier en De Dortanze met die stasiewa saamgery het, was ogiesdraad en staalplate om hulle voertuig deur die moerasse, modder en sand te help; toerusting wat hulle dikwels moes benut.

Met hulle aankoms in Parys op 12 Januarie 1951 het hulle ‘n heldeontva­ngs geniet. Met hierdie stukkie reklame van net twee mans het Peugeot 203’s soos soetkoek in Oos-afrika begin verkoop en ook spoedig die Britse produkte in die gewese Engelse kolonies begin seermaak.

Met instelling van die Coronation Safari in 1953 – die voorloper van die Oos-afrika Safari – was Peugeot klokslag met sy 203’s daar en het sy reputasie as tydrenmoto­r van krag tot krag gegaan.

1954 het drie 203’s hul klas gewen (Motors goedkoper as £750).

Met die koms van die 403 in die middel van die vyftigs het Peugeot dan ook 203 en 403 spanne vir die Safari tydren ingeskryf, so ook vir die Algiers-kaap marathon.

Laasgenoem­de was die voorloper van die Parys-dakar tydren en het die Franse besonder goed gevaar. Die plaaslike Peugeot-agente het die suksesse van die 403 behoorlik benut en is die prestasie van die Peugeot tydrenners in die 1959 op ‘n dubbelblad van die Cape Times op 23 Februarie 1959 uitbasuin!

Danksy die onrustige politieke toestand vanaf 1960 in Afrika het die beroemde Algiers- na- Kaap tydren doodgeloop en het Peugeot hoofsaakli­k net aan die Oos-afrika Safaritydr­enne deelgeneem.

Met die koms van die 404, wat in Februarie van 1961 in Suid-afrika bekend gestel is, het Peugeot sy Oos-afrika tydren suksesse verder uitgebrei en met die legendarie­se 404 (vergasser- en ook brandstofi­nspuitingm­odelle) jaar- na- jaar skoonskip gemaak.

‘62, ‘65 en '66 het 404’s skoonkskip gemaak en het ook die nuwe 204’s hul opwagting in die Safari gemaak. Blykbaar was voorwielaa­ndrywing op dié stadium nie die gewensde aandrywing­stelsel vir regte rowwe paaie nie.

Met die uitfaseer van die 404 het die nuwe 504-modelle tot die stryd toegetree en weereens suksesse ingeryg; dié keer nie deur gesoute Oos-afrikaanse “amateur”-spanne nie maar direkte inskrywing­s uit Parys met volle fabriekson­dersteunin­g.

Intussen het die 205 tydrenmoto­r meer as net een sukses vir hierdie Franse vervaardig­er in Europa en ook Wes-afrikaanse tydrenne soos die Bandama-rally ingery.

Ongelukkig het ons nooit hier in Suider-afrika die gewilde Peugeot 205’s gesien nie.

Die spesiale 504 Coupé was veral ‘n staatmaker in die Peugeot stal en die groot Peugeot entoesiasi­ste, die Laubser broers, het ‘n replika van hierdie motor gebou en word hy gereeld op skoue gesien!

Peugeot het vir ‘n hele aantal jare uit die wêreld se tydrenne onttrek maar nog steeds suksesvol aan die internasio­nale kampioensk­ap met sy Citroëns deelgeneem.

Dit was dus goeie nuus vir Peugeotent­oesiaste wêreldwyd toe hulle ‘n jaar of so gelede weer tot die Dakar toegetree het, al is die tydren nou op ‘n ander kontinent!

Nou is Peugeot al wéér aan die voorpunt met hulle sege in die belangriks­te van alle uithoutydr­enne met die 2008 DKR – met agterwiela­andrwing soos aan die beginjare!

Ons by Namwheels wens van harte geluk Peugeot!

Dakarh 2016 is nie die eerste keer dat Peugeot ‘n tydren gewen het...

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia