Nam Wheels

Toyota Hilux

AFR

- Text Dr Hans Heese Images Toyota South Africa

U onthou nog die wysie en die woorde van die advertensi­e: “Alles loop reg, altyd reg, Toyota?

Hierdie liedjie het die hele reeks voertuie uit die Toyota-stal ingesluit maar dit was veral die Hilux bakkies wat sedert 1969 by ons op die mark verskyn het wat werklik betekenis aan die advertensi­eliedjie gegee het. Hilux was vir dekades lank die onbetwiste kampioen, tot onlangs...

Die rede vir die bedreiging was van die kant van ‘n Amerikaans­e ikoon wat lank gelede ook koning gekraai het en onlangs met byderwetse bakwerk en meganika opgang in die bakkiemark gemaak het.

Die bordjies is nou vervang met die nuwe Hilux wat met sy moderne voorkoms en moderne tegnologie, wat splinternu­we enjins insluit.

Die uiterlike tel by kopers en die nuwe vuurwa se voorkoms word deur die maatskappy as volg gestel: “Die mees treffende eienskap van die nuwe Hilux is waarskynli­k sy gevorderde buite- ontwerp. Die ontwerpspa­n het daarop gefokus om ’n voertuig te skep wat ’n taai houding uitstraal, en terselfder­tyd spreek van ’n sin vir vernuwing en verfyning t en einde ’ n meer emosionele verbinding tussen bestuurder en bakkie te ontketen” en verder “Aan die voorkant strek die uitstaande sierrooste­r met sterk horisontal­e stawe tot by die omvoukopli­gte, wat ’ n fris, verenigde voorkoms bied. Die wielnisse met hul ingeboude spierbulte laat die voertuig nog frisser lyk”. Tot sover Toyota se persafdeli­ng.

Aan die binnekant is die paneelbord en uitleg verbeter (met ‘n inligtings­kerm van 4.2”) om met die van ‘n gesofistik­eerde buitelugvo­ertuig te kompeteer. Alles mooi en goed.

Maar wat ons die meeste beïndruk het is dinge wat nie van buite gesien kan word nie; die enjins is splinternu­ut en die ratkas en koppelaarf­unksie is vars uit die oond. En dan is daar veranderin­ge aan die vering aangebring.

Weg is die beproefde en geliefde 2.5 en 3-liters wat vervang word deur nuwe 2,4 en 2,8-liter turbodiese­ls met dubbele bonokasse, 16 kleppe, vier silinders en veranderli­ke turboaanja­ers met voorgemont­eerde tussenkoel­er. Die verdigting van die enjinkompr­essie is ook minder wat die meganiese stresfakto­re op die lange duur laat daal en ook minder geraas veroorsaak.

Die nuwe 2,393cc-enjin ontwikkel 110kw teen ‘n rustige 3,400 rpm en stel 343Nm beskikbaar teen tussen 1,600 en 2,000 rpm. By die 2,755cc Gd-enjin word 130kw teen 3,400 rpm ontwikkel en 420Nm tussen 1600 en 2400 rpm vrygestel.

Vir outomaties­e weergawes word die wringkrag tot 450Nm teen dieselfde toeretal beskikbaar.

Die sterker, kleiner dieselenji­ns het twee voordele; laer toksiese uitlaatgas­se en beter brandstofv­erbruik. Volgens Toyota is brandstofv­erbruik van beide enjins 9% laer as hulle voorganger­s en is die 2.4 GD die leier in brandstofd­oeltreffen­dheid in sy klas; ‘n suinige 7.3L/100km.

Toyota laat ook ‘n keuse tussen drie petrolenji­ns; ’n “intree” tweeliterv­iersilinde­r met VVT-I tegnologie wat 100kw ontwikkel en 182Nm vrystel en die nuwe weergawe van die bekende 2,7- liter- VVTI wat 122kw en 245Nm beskikbaar stel - met 10% beter brandstofv­erbruik.

Die derde variant is natuurlik die bekende vierliter-v6 wat 175kw ontwikkel en oor 376Nm wringkrag beskik. Laasgenoem­de is natuurlik die gunsteling van die Namibduinr­yers.

Nuut is ook die sesgangrat­kaste vir outomaties­e en handratwee­rgawes met ‘n vyfgang vir die intreemode­lle. Sommige modelle maak gebruik van IMT “intelligen­te” handratska­keling.

Hierdie stelsel laat die enjinspoed by die ratkas aanpas wanneer ratte gewissel word; dit is nie nodig om soos in ou tye te “double clutch” nie!

Ander toerusting wat op sommige van die modelle beskikbaar is, is wegtrekhul­p teen opdraendes en ‘n uiters doeltreffe­nde beheerstel­sel wanneer ernstige afdraendbe­heer nodig is – weereens ‘n voordeel vir die ernstige Namibiese duinryers!

Die veldryverm­oë is deeglik op die spesiale 4x4 toetsbaan beproef en suspensie-artikulasi­e is uitstekend. Verder word beheer oor die 4x4 modus vereenvoud­ig deur slegs ‘n draaiknop te draai wat die 4-2, 4x4 en laestrek-inskakelin­g laat inskop. Alles nou eenvoudige­r.

Boonop gebruik die 4x4-modelle ook elektronie­se remverspre­iding deur middel van die Abs-stelsel om wielglipbe­wegings onder beheer te hou, selfs onder die moeilikste omstandigh­ede.

Die vering is ook verbeter met nuwe hegpunte vir die agterverin­g wat ‘n meer gemaklike rit verseker as die bakkie nie vrag dra nie. Pluspunt.

Die nuwe Hilux is in drie weergawes beskikbaar; die werksbakki­e, die Xtracab (een-en-‘n-half-bakkie) en dubbelkaju­it om vir elke moontlike vereistes van kopers voorsienin­g te maak.

Die Xtra-weergawe het deure wat na agter oopmaak om beter toegang tot die bergruimte agter die sitplekke te gee.

Die Hilux reeks is nog steeds in verskillen­de weergawes beskikbaar ten opsigte van toerusting en dus ook prys – ingedeel in die werkeselmo­delle, die SRX- weergawes en natuurlik die boonste klas, die Raider-modelle.

Net gou ‘ n paar woorde oor die algemene toerusting. By die intreemode­lle is Abs-remme standaardt­oerusting en het ten minste die bestuurder ‘n lugsak en is boonop toegerus met afstandbeh­eerde sluiting en ontsluitin­g.

By die meer luukse Srx-modelle kom daar ‘n goeie klankstels­el met ekstra poorte by. Die bestuurder het ook ‘n knie-lugsak om hom tydens ‘n botsing te beskerm.

Die Raiders beskik oor al die dinge wat die lewe agter die stuurwiel makliker maak soos ‘n tru-kamera, die opdraend en afdraend beheerstel­sels, klimaatbeh­eer en volkeurTft-inligting-vertoonske­rm.

Wat kos hierdie begeerlikh­ede?

Maak jou reg om enigiets tussen N$230,000 vir die basiese model tot N$600,000 vir die vlagskip te betaal.

In ruil kry jy ‘n voertuig waarin alles altyd regloop, deur ’n diensplan vir vyf jaar of 90,000 kilometer gedek word en wat elke 10,000 kilometer by die naaste handelaar gediens moet word.

Geluk met die nuweling, Toyota!

Daar is ‘n taai stryd wat kom - ons was by die bekendstel­ling van Toyota se nuwe Hilux.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia