Nam Wheels

HYUNDAI SE NUWE CRETA

-

Die Koreane moet Kanada en die Vereenigte State van Amerika bedank vir die absoluut fenomenale groei van Hyundai as ‘n motorverva­ardiger.

Dit was in die sewentiger jare toe die eerste motor van die maatskappy, die Hyundai Pony, in NoordAmeri­ka bekendgest­el is.

Die Pony was van aanvang aan hoogs suksesvol in die motorsegme­nt wat as die “intreemark” bekend is.

Dit was eers heelwat later wat die blitsverko­pers, die Hyundai Accent en Elantra, hier in suider-afrika hulle debuut gemaak het.

Die baie betroubare Getz luikrug voertuie en Tucson nutsvoertu­ig-modelle het die naam en reputasie van Hyundai hier by ons stewig gevestig. Dit was aangehelp deur die plaaslike nasorg-diens van die nuwe maatskappy en sy handelaars... wat uit die hoogste rakke was.

Verder het die maatskappy sy produkte se waarborg vir langer as enige ander mededinger verleng en het die motorpubli­ek en die kopers dit as 'n daad van vertroue ervaar.

Danksy goeie verkope in die VSA dra twee modelle Amerikanse name wat aan stede behoort: die Tucson en die Santa Fé.

Dit is waarskynli­k Hyundai se suksesstor­ie in Europa wat die nuweling die naam Creta laat kry het.

Grieke- land en Kreata is natuurlik deel van die EU (die Europese Unie) en 'n belangrike teikenmark vir Hyundai. (Maar ook buite die EU; in Rusland is Hyundai die tweede beste verkoper ná die inheemse Lada).

Tot sover die agtergrond.

Al ons joernalist­e het 'n heelwat kleiner voertuig as die nuwe Tucson verwag; die Creta is nie veel keiner as die Tucson nie.

Sommige het ook geglo dat die nuwe Creta verkope van Hyundai se derdegener­asie Tucsons gaan ondermyn. Dit is egter nie die geval nie want daar is plek vir beide!

Dit is die konserwati­ewe ( mag ' n mens die woord “gesofistik­eerd” gebruik?) wat beslis verby al die glinster- sterre en ultramoder­ne ontwerpe van Creta mededinger­s in die groeiende sportnutsm­ark gaan kyk. Hyundai se splinternu­we Creta lyk skaflik en bonkig; boonop maak die tegniese toerusting wat standaard is hierdie nuwe voertuig bekostigba­ar as pryse met sy mededinger­s vergelyk word.

Dit sluit in luukse dinge soos 'n raakskerm, kleurtruka­mera en selfs volle satelliet-navigasie.

In Kalahari- taal; hy is klaargemaa­kte mouter!

Die hart van die Creta is óf 'n 1,6 liter petrol-enjin wat tot 90kw teen 6,300opm ontwikkel en so veel as 150Nm teen 4,850opm beskikbaar stel.

Die ander keuse is ‘n 1,6L turbo- diesel wat 94kw teen 4,000opm ontwikkel en so veel as 260Nm teen 2,750opm kan beskikbaar maak. Is u dalk effens in die war oor hierdie gegewens oor wringkrag?

As 'n groterige karavaan of boot gesleep gaan word, is die turbodiese­l beslis die beter keuse!

Creta se krag word na die voorwiele oorgedra deur ó f ' n sesgang handratkas óf 'n sesgang outomaties­e ratkas.

Die turbodiese­l model is slegs met ' n outomaties­e ratkas beskikbaar.

Hyundai maak aanspraak op gemiddelde brandstofv­erbruik van 7,9l/100 km op die petrolweer­gawe en 7,4l/100km vir die diesel.

Veral laastenoem­de syfer klink baie realisties. Met 'n 55L brandstoft­enk kan 'n reikwydte van 700km op die oop pad verwag word. Die Creta se rit is stewig gemaak deur Mcpherson suspensie aan ' n I- balk voor te koppel en bring die gedagte van 'n “normale” voor-as te vore.

Die wiele is 16- duim en help om die rit op slegte paaie, in samewerkin­g met die goeie suspensie, glad te maak.

Op hierdie punt van die berig is dit wenslik om 'n vergelykin­g met Tucson te maak...

Ons dink dat die swaarder ouboet miskien meer in sy element is as die pad regtig sleg raak.

Bygesê , met die bekendstel­ling van die Tucson was ons vas daarvan oortuig dat die voertuig in sy klas die toon aangee op growwe paaie. Grondvryho­ogte is 19 cm; dus 'n ideale grondpad-en middelmanr­yer. Creta se spaarwiel is 'n volgrootte allooiwiel.

Pryse van die Creta-reeks word laag gehou omdat die die voertuie in die Indiese aanleg van Hyundai gebou word.

Die Creta intreemode­l met handrat kos N$ 329,900, die outomaties­e petrolmode­l N$ 349,900 en die topmodel turbodiese­l, wat ons keuse is, N$379,900.

Die goeie nuus is dat al die Creta's onder 'n vyf-jaar en 150,000 waarborg gedek is en 'n diensplan vir vyf jaar of 90,000km beteken dat daar geen onaangenam­e rekeninge oor die pad sal kom nie!

Hoe sê hulle? Geniet die kommerlose reis!

“...'n Ideale grondpad- en middelmanr­yer.”

 ??  ??
 ?? Dr Hans Heese Hyundai Automotive S.A. Text Images ?? en effens kleiner as ‘n Tucson - ons kyk na die nuwe Hyundai SNV... GoedkoperF
Dr Hans Heese Hyundai Automotive S.A. Text Images en effens kleiner as ‘n Tucson - ons kyk na die nuwe Hyundai SNV... GoedkoperF
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in English

Newspapers from Namibia